INSTRUCTIO #5: Aartjie na sy vaartjie

7 Mei 2025

INSTRUCTIO #5: Aartjie na sy vaartjie

> Hemelse standaarde reeds op aarde
> “Wees julle dan volmaak soos julle hemelse Vader volmaak is.” (Matt 5:48)

Is hierdie nie die onmoontlikste opdrag wat Jesus gee nie. Wie kan so volmaak wees soos die volmaakte Vader? Dit is tog onmoontlik!

Sien net eers raak hoe begin Jesus elke nuwe instruksie: ” Julle het gehoor … maar Ek sê vir julle.,.” Jesus wil elkeen wat al gehoor het wakker skud! Dan neem Hy stuk-stuk die 10 gebooie, en verduidelik dat die wette van Moses nie net gehoorsaamheid tot op ‘n sekere vlak vra nie; dit vra gehoorsaamheid tot die oneindigste mag. Dit vra alles en meer. God word nie met die minimum tevrede gestel nie. God vra nie “iets” wat ons moet doen nie; God vra dat ons moet wees soos God ons bedoel het om te wees: soos God! Is ons dan nie kinders van die Vader nie? En het die Vader ons dan bietjies-bietjies lief? En is die Vader net bietjies-bietjies betroubaar? Wat van genade verstaan julle dan nie! “. .. As julle vol liefde en respek optree teenoor almal met wie julle te doen kry, … stap julle in julle hemelse Vader se voetspore. Dan is julle net soos Hy” (Uit Die Boodskap).

Godsdiens kan wegkom met “minimum standaarde”. ‘n Verhouding met God vra egter ‘n ander waardesisteem.

IN JOU GEBED – vra vir God om jou ‘n begrip te gee van waar jy godsdienstig optree, sonder om God se hart te weerspieël.

*****

VIR DIE WAT MEER TYD HET VIR NADENKE:
Lees Matteus 5:43-47 om die hele konteks te verstaan van Jesus se opdrag in vers 48. Hierdie woorde van Jesus is gebaseer op Levitikus 19:2, waar Jesus die fokus van heiligheid verskuif na liefde en barmhartigheid teenoor selfs vyande.
In Filippense 3:1-16 beskryf Paulus sy eie strewe daarna om soos Christus te leef – die volmaakte voorbeeld van die volmaakte liefde van die Vader. lees ons, is Paulus se nadenke oor die strewe na heiligheid.

*****

VIR DIE MUSIEKLIEFHEBBERS: Die Graciaskoor, ‘n Koreaanse koor, was in 2009 die algehele wenners van ‘n Internasionale Kerkkoor-kompetisie. Hier sing hulle “God of Love” deur F H Lehman. (Die woorde verskyn in die musiek