PADLANGS 12 – 17 Feb.
>
DIE EINDE IS DIE NUWE BEGIN
Johannes 12:24 – “As die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, bring dit ’n groot oes.”
Môre teken elkeen van ons ‘n askruis op ons voorkop. Aswoensdag herinner ons: as is ons, en tot as sal ons terugkeer. Maar, die Goeie Nuus leer: uit die dood spruit lewe en hoop. Die pad van Jesus loop deur die kruis, maar eindig nie daar nie – dit lei na opstanding en oorwinning. Om ‘n meeloper van Jesus te wees vra sterwe aan die ou self, maar dit maak plek vir nuwe lewe wat Hy gee en wat nooit vergaan nie.
Padlangs kom ons by ’n einde – maar in God se hande is elke einde ’n nuwe begin.
Bedink jou eie padlangs-lewe: is jy gereed om môre ‘n kruis op jou voorkop te ontvang?
Here, ek vertrou dat U elke einde kan omskep in ’n nuwe begin. Elke dag kom en elke dag gaan. Maak elke dag vir my weer nuut. AMEN.
VIR DIEPER DUIK: Luister na vandag se Oudio-teks waar ons saam dieper nadink oor hoe die Bybel sterwe en nuwe lewe verbind – van koringkorrel tot kruis en opstanding.

