PADLANGS 11 – 16 Feb.
>
DIE KRUISPAAIE VAN KEUSES
Josua 24:15 – “Kies dan vandag wie julle wil dien… maar ek en my huis, ons sal die Here dien.”
Padlangs kom jy by kruispaaie. Jy kan nie neutraal bly nie – dissipelskap vra keuses. Sien raak wat Jesus (in Luk 9:23), sê: “As iemand My wil navolg, moet hy homself verloën, en elke dag sy kruis opneem en My volg.” Daagliks bly dit ‘n keuse om te maak. Soms lyk dit asof die pad van selfbehoud makliker lyk, maar dit lei na leegheid. Die pad van self-gee lyk moeiliker, maar dit lei na lewe (Luk 8:24).
Padlangs moet ons eerlik sê: jy kan nie alles kies nie – maar jy kan kies om Hom te volg.
By watter kruispad staan jy vandag? Vra jouself af, watter keuse bring jou nader aan Christus?
Here, gee my moed om U pad te kies, selfs wanneer dit die moeiliker een is. Amen.
VIR DIEPER DUIK: Vandag kyk ons na Bybelse kruispaaie – van Josua tot Jesus – en hoe keuses dissipelskap vorm.

