#Job 1: Daarom?

Onlangs het ek ‘n e-pos ontvang van iemand wat raad oor haar kunswerke wou hê, maar eers net die agtergrond:

“In 2000 het ‘n erge depressie my in sy kloue gekry en soos dit gaan, sê almal om ‘n mens ‘ruk jou reg’…  Een Sondagoggend na vele ‘Here help’-uitroepe het ek in my sitkamer gestaan en dit was asof iemand met my praat: ‘lees Job’! ‘n Volle jaar het ek die boek Job gelees! Ek het nagte met Job en die Here deur geworstel … (en) 25 skilderye het die lig gesien, wat nou as ‘n permanente uitstalling getoon word in Jobhuis, Philippolis.”

Die woorde, “Lees Job!” het my geraak. En so het die reeks, 30 JOBSLESSE, ontstaan. (Met die kunstenaar, Rina Coetzer, se toestemming plaas ek daagliks ‘n Job-skildery op my Facebook-bladsy. Meer inligting is ook daar oor haar werk beskikbaar.)

Job 1 is só ontstigtend: dit voel soos ‘n skaakspel tussen God en Satan met ‘n mens as pion. Dit maak net nie sin nie. Soos die lewe ook nie altyd sin maak nie!  Goedbedoelendes gee allerhande “memes”: “Waar God ‘n deur toemaak, maak God ‘n venster oop.” “God toets net hulle wat God weet sterk genoeg is om staande te bly.” Of leë trooswoorde, soos: “toemaar, dit kon erger gewees het.”

Nie een van hierdie sêgoed sou vir Job werk nie. Hy was die bekendste (en sekerlik ook die rykste) man in sy tyd (aldus Job 1:4). Toe “val die dice verkeerd”: hy verloor alles. Dit is iets anders om jou reputasie en jou rykdom te verloor, maar verloor jou kinders … Wat bly vir jou oor om voor te leef! (Lees v13-20).

Nes ons, sou Job sekerlik antwoorde wou hê. Waarom? Daarom! Maar Job ontdek nie ‘n “daarom” nie. Hy ontdek die “Wie”: Die Een. Die Lewende. Die Skepper.

Mag ek en jy in hierdie maand, daagliks, die ontmoeting met “Die Een” ervaar!

GEBED: Skepper van lewe en dood; mag ek U in hierdie maand in hierdie “Jobslesse” ook ontmoet.

MUSIEK:

Ons kyk na die musiekvideo van Highs & Lows deur Hillsong Young and Free.

Uit die liriek:

When it feels like the dark

Lingers longer than the night

When the shadows feel like giants

Are You chasing me down

Tell me where could I run

From Your light

Where could I hide

Hemmed within Your precious thoughts

There’s no hiding from Your love

Highs and lows

Lord You’re with me either way it goes

Should I rise or should I fall

Even so

Lord Your mercy is an even flow

You’re too good to let me go

Should I dance on the heights

Or make my bed among the depths

Your mercy waits at every end

Like You planned it from the start

Should the dawn come with wings

Or find me far-side of the sea

There Your hand still fastens me

Ever closer to Your heart