40 DAE VAN OORWINNING
#33 – 27 Mrt
>
OORWINNING OOR ELLENDE
“Die lyding wat ons nou moet verduur, weeg nie op teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie.” – Romeine 8:18
Die lewe is vol pyn. Bitter min van ons verstaan hoekom daar soveel ellende is – nie net in ander se lewens nie, ook in ons eie. As daar Een is wat verstaan, is dit Jesus! Aan die kruis was dit die laaste maal dat ’n mens ooit sou hoef uit te roep: “My God, het U my verlaat?!”
Oorwinning oor lyding beteken nie dat pyn verdwyn nie. Selfs in die donkerste oomblikke kan lyding ons nader aan God bring en leer ons om op Sy beloftes te vertrou. Elke traan sal Hy afdroog, en elke klaaglied kan uiteindelik in lof verander.
Omdat lyding nie die laaste sê het nie, maar God wel, kan ons – te midde van swaarkry – steeds met ’n hart vol vertroue in Hom leef.
GEBED:
> Here, my hart voel swaar en moeg wanneer ek na die lewe om my kyk.
> Ek verstaan nie waarom mense so swaar moet kry nie.
> Hou my vas, selfs al is my hart vol vrae en twyfel.
> Herinner my aan U getrouheid en U beloftes.
> My hoop is in U, my Here, net U sal ons klaagliedere in lofliedere verander. Amen.
‘n Spesiale versoek : Hierdie dagstukke is vir my ’n bediening van hoop en insig, en ek wil hê dit moet vir almal toeganklik bly. As jy dit waardevol vind en die vermoë het om by te dra, help jou ondersteuning om die projek volhoubaar te maak en verder uit te bou. Elke bydrae – groot of klein – dra by tot die groter geheel. Dankie dat jy saam stap; en dankie as jy reeds in die verlede ook hierdie bediening ondersteun het.
My bankbesonderhede is: STANDARD BANK; TAKKODE: 051001; REK NO: 080042805; REK NAAM: R M Bezuidenhout

