40 DAE VAN OORWINNING
#32 – 26 Mrt
>
OORWINNING OOR SINLOOSHEID
“Weerhou my van ‘n nuttelose lewe, laat my leef op die weg wat U aanwys.” – Psalm 119:37
Min dinge is so dreinerend soos om passieloos deur die lewe te gaan. Daar is dae wanneer alles leeg voel. Victor Frankl het geskryf: “As jy weet waarom, sal jy weet hoe.”
’n Betekenisvolle lewe lê nie in prestasies, besittings of erkenning nie. Jesus se pad na die kruis het oënskynlik sinneloos gelyk, en tog het dit God se diepste bedoeling ontvou. Wie God se wil volg, se lewe kan nooit werklik betekenisloos wees nie.
Soms verstaan ons nie alles nie en voel ons onseker oor die “hoe.” Maar hou vas aan God as jou “waarom”, en selfs in stilte en twyfel sal jou lewe deur Hom vol betekenis wees.
GEBED:
> Here, soms voel ek leeg en moeg.
> Ek weet nie altyd waarom ek aanhou nie.
> Help my om U teenwoordigheid te sien in my gewone dae;
> U hand te voel wanneer alles vaag lyk.
> Hou my vas wanneer twyfel my hart oorval.
> Laat my nie dwaal op paaie met geen betekenis nie, maar lei my op die paaie van gehoorsaamheid. Amen.

