March 2025

6 MAART – RENOVARÉ LYDENSTYD 2025

Die oorsprong van woorde fassineer my. So leer ken ek ‘n nuwe Engelse woord, “compunction”. Die woordeboek vertaal dit met spyt en wroeging. Ook met gewetensknaging. “Compunction”, so leer ek, is afgelei van die Latynse “compungere”: om met ‘n skerp punt te steek. (En nou verstaan ek sommer ook hoe ‘n fiets se band afblaas omdat dit skielik ‘n “puncture” gekry het.) Dit is ‘n slegte ding as ‘n mens met so ‘n selftevredenheid leef dat […]

6 MAART – RENOVARÉ LYDENSTYD 2025 Read More »

5 Maart ASWOENSDAG: Renovaré

Die meeste antieke kulture deel mitiese verhale van mense wat in opstand kom teen die godedom omdat hulle – die mense – nie (soos die gode) onsterflik is nie. Maak nie saak hoe mense daarteen rebelleer nie, doodgaan gaan ons dood. Elke Aswoensdag herinner ons hieraan: stof is jy en tot stof gaan jy terugkeer (Gen 3:19.) Maar, anders as met die antieke mites is dit nie iets wat ons met skaamte en rebellie laat

5 Maart ASWOENSDAG: Renovaré Read More »

4 Maart – RENOVARÉ

More begin ons Lydenstydreis – ‘n 40 dae reis wat ons saam met Jesus deur die woestyn onderneem, op pad na die donkerte van die dood. Het mense in hierdie tyd dalk al vir jou gevra: “Wat gee jy prys vir/in Lydenstyd/Lent?” Die beste antwoord hierop het ek êrens raakgelees: “Lent is not a time for self-denial, it is a time for self-discovery.” Om vir 40 dae sjokolade prys te gee mag dalk goed vir

4 Maart – RENOVARÉ Read More »

3 Maart – RENOVARÉ

God seën ons nooit met die minimum genade nie; God gee wel aan ons volgens ons verwagtinge. Of dalk moet ons dit so stel: met die mate wat ons onsself vir God se goedheid oopstel, in daardie mate word ons met goedheid oorweldig. So werk dit byvoorbeeld met die vrug van die Heilige Gees: die Gees is in sy totaliteit oor ons uitgestort, maar afhangende van hoeveel ons onsself onder heerskappy van die Heilige Gees

3 Maart – RENOVARÉ Read More »