PADLANGS #5 – 6 Feb.
>
VOLG IS NIE NABOOTS NIE
1 Korintiërs 11:1 – “Wees my navolgers, soos ek dit ook van Christus is.”
Daar is ’n wesenlike verskil tussen naboots en volg. Nabootsing is veilig; jy kopieer bloot wat jy sien. Maar navolging vra waagmoed; dit vra dat jy fyn luister en braaf meedoen. Paulus sê nie: ‘Doen presies wat ek doen’ nie; hy is bloot ’n skakel in ’n lang ketting wat na Christus lei.
Die Heilige Gees wil ons nie kloon tot “mini-Jesusse” nie. God wil jou unieke persoonlikheid in jou spesifieke konteks gebruik, maar as ‘n ware verteenwoordiger van God. En om ons te leer, volg ons Jesus se voorbeeld na. Want Hy is Seun van God. En ons is kinders van God.
Wie se dissipelskap probeer jy “copy-paste”? Hoekom is jy bang om jou eie, unieke pad saam met Jesus te vind?
Here, leer my om te volg, nie net na te boots nie. Gee my die moed om my eie pad met U te stap, selfs al lyk dit anders as dié van die mense rondom my. Amen.
VIR DIEPER DUIK: In vandag se oudio-teks (3 min) kyk ons na die verskil tussen om ’n “kopieer-dissipel” te wees teenoor die vryheid van ’n egte navolger van Jesus.

