PADLANGS #4 – 5 Feb.

PADLANGS #4 – 5 Feb.

> 💡 DIE WEG VAN SELF-VERLIES

📖 Johannes 3:30 – “Hy moet toeneem, maar ek moet afneem.”

Ons spandeer ons hele lewe aan die bou van ‘n identiteit. Titels en prestasie is vir ons belangrik. Ons wil “iemand” wees! Maar Johannes die Doper leer ons die weg van self-verlies. Ware lewe word nie gevind in die versterking van die “ek” nie, maar in die oorgee daarvan.

Om minder te word, beteken nie jy is minderwaardig nie; dit beteken jy vind jou ware waarde. Jy hoef nooit weer jou eie ego te verdedig of te adverteer nie. Wanneer die “ek” afneem, word die spasie van onsekerhede en minderwaardigheid, of ambisies en grootheidswaan gevul met Sý teenwoordigheid. Jy verloor jouself om jouself werklik in Hom te vind.

🔌 As al jou ekstras vandag wegval, wie is die ware jý wat dan oorbly? Is Jesus genoeg vir jou identiteit?

🛐 Here Jesus, ek is so dikwels vasgevang in die bou van my eie beeld. Leer my die vryheid van self-verlies. Help my om af te neem, sodat U sigbaarder word. Amen.

🎧 VIR DIEPER DUIK: Here Jesus, ek is so dikwels vasgevang in die bou van my eie beeld. Leer my die vryheid van self-verlies. Help my om af te neem, sodat U sigbaarder word.