#Job 20: Nederige mede-soekers

Ek het ‘n vriend wat die gewoonte het om sy sinne te begin met: “Kom laat ek julle nou sê…” Dit irriteer die wit-warm-waks uit my. Want, hy laat dit klink asof hy die antwoord op almal se vrae het. Maar, as ek eerlik moet wees, irriteer dit my omdat ek nie voorgesê wil word nie. 

Dit is die gevoel wat ek kry terwyl ek die gesprekke in die Boek van Job lees en herlees. Dit begin alles so mooi: Elifas, Bildad en Sofar het van Job se rampe verneem en toe “afgespreek om deelneming met hom te betuig en hom te troos”. Hulle was so aangedaan toe hulle Job in sy verslaendheid sien, dat hulle self hardop begin huil het. “Sewe dae en sewe nagte lank het hulle op die grond by hom gesit sonder om ‘n woord met hom te praat, want hulle het gesien dat sy smart baie groot is” (aldus Job 2:11-13).

Job se vriende doen eintlik maar wat die meeste van ons ook doen: daar kom ‘n tyd dat simpatie moet end kry en ons weer met die lewe moet aangaan. Elkeen se argumente (Job s’n ook) klink dan maar soos my liewe vriend se “Kom, laat ek julle nou sê…” Selfs wanneer Elihu op die toneel verskyn, is dit met jeugdige voortvarendheid wanneer hy praat: “Luister, Job, luister na my, bly stil, ek wil praat” (Job 33:31).

Ek leer uit hierdie gesprekke baie: almal van hulle het ‘n punt beet gehad. As ons tog net kan leer om na mekaar te luister met onderskeidingsvermoë. Maar ek leer ook hoe belangrik nederigheid is, want nie Job of een van sy vriende was 100% reg nie. Ek leer veral hoe versigtig ek met my woorde moet omgaan, want soos 1 Kor 13:12b my herinner: “Nou ken ek slegs gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken…”

GEBED: Here, dankie vir vriende wat die pad saam met my loop. Leer ons om saam na U te luister.

MUSIEK:

Ons luister na “Kyrie eleison”  (‘Heer, ontferm U over ons’) deur die Nederlandse groep Sela.

Uit die liriek:

Heer, U weet

wat er binnen in ons leeft;

onze dromen, onze zorgen.

Voor U is niets verborgen.

Kyrie, kyrie,

kyrie eleison.

Kyrie, kyrie.

Heer, ontferm U over ons.

Heer, U ziet dat

wat we liever zelf niet zien.

U kent onze zwakke plekken.

We hoeven niets te zeggen.

U kent ons door en door.

Christe, Christe,

Christe eleison.

Christe, Christe,

Christus, ontferm U over ons.

Heer, U geeft

dat wat een mens nodig heeft.

Neem ons aan de hand

naar het beloofde land.

Dan zingt het hemels koor.

Kyrie, kyrie,

kyrie eleison.

Kyrie, kyrie.

Heer, ontferm U over ons.