As Job ‘n duidelike antwoord by Elihu sou wou kry oor waarom hy soveel moes ly, gaan hy nie daar regkom nie. Elihu herhaal eintlik net wat die ouer vriend, Elifas, reeds in Job 5:17-18 gesê het: “Dit gaan goed met die mens wat deur God tereggewys word. Jy moet nie die bestraffing van die Almagtige verontagsaam nie. Dit is Hy wat wonde toedien, maar Hy verbind hulle weer, wat seer slaan, maar Hy maak weer met sy eie hand gesond.”
Dit klink bykans soos die bekende woorde in Hebreërs 12:11-12: “Wanneer ons getug word, lyk die tug op daardie oomblik nie na iets om oor bly te wees nie, maar om oor te huil. Later lewer dit egter vir dié wat daardeur gevorm is, ‘n goeie vrug: vrede omdat hulle gehoorsaam is aan die wil van God.” Maar presies dit was Job se probleem: wat het hy verkeerd gedoen om getug te moet word? (Is tug nie dieselfde as straf nie?)
Ek dink nie die atleet wat aan die Olimpiese spele deelneem, dink aan die maandelange voorbereiding as “tug” nie. Ek dink dit is die opoffering wat jy maak omdat jy weet daardie medalje is nou binne jou bereik. In Engels sê ons: “no pain, no gain”. Dit laat my dink aan die Amerikaanse skrywer-teoloog, A.W. Tozer, wat geskryf het: “It is doubtful if God can bless a man greatly without hurting him deeply.”
Geloof het met vorming te maak, nie met straf nie. In God se hand kan enige lewenservaring bruikbaar wees om ons te vorm, selfs wanneer daar swaarkry en lyding, hartseer of ellende op ons pad kom. Selfs wanneer dit – soos goud in ‘n smeltkroes – deur vuur moet gaan (aldus 1 Pet 1:7).
GEBED: Vorm my, Here, selfs al vra dit loutering.
MUSIEK:
Ons luister na die pars vrygestelde “Walls Fall Down” deur Austin French.
Uit die liriek:
Everybody’s got a wall that they can’t go round
Some call it regret
Call it pain
Call it bad news that you just found out
Might be a wounded heart
That keeps you where you are
Might be the thing between you and a new start
Everybody’s got a wall that they can’t go round
But there’s a God who can make these walls fall down
Turn them all to dust
And the war before you now
He can overcome
When you’re up against impossible
Standing in the shadow of Jericho
There is hope
If He can bring castles to the ground
He can make these walls fall down
Seems like no one thinks miracles can happen these days
Am I crazy
To believe that He’s a God who has never changed
I don’t think so
No matter what you face
Your fear can turn to faith
I dare you to believe there’ll be a new day
Everybody’s got a wall that they need to break