#Job 15: Die genade van swaarkry

Tree net eers een treetjie terug en laat ons eers weer kyk wat Job se vriende se antwoorde op sy lyding was. Duidelik moes Job (of sy kinders) – wetend, of onwetend – iets vreesliks in die oë van die Here gedoen het! En telkens het Job se reaksie dieselfde gebly: “Sê my waar ek verkeerd gedoen het” (6:24). 

Vir Job raak die gevolgtrekking dus vanselfsprekend: “Eintlik is dit om ‘t ewe … of ‘n mens skuldig is of onskuldig, God vernietig jou tog” (9:22). Dit laat my wonder, het God dan ’n fout gemaak in die gesprek met die satan? Moet daar net genoeg probleme kom, dan sal Job (of ons) ten einde laas wel teen God draai? Hoor net sy kras woorde: “As ‘n vloedramp skielik die dood bring, lag God oor die wanhoop van die onskuldiges” (9:23).  Dit klink so erg, maar is dit nie wat ons wonder wanneer ons die ellende van mense om ons sien nie? Sê Job nie maar net hardop wat ons suutjies dink nie?

Een van die sinnetjies van C.S. Lewis kom nou by my op: “God whispers to us in our pleasures, speaks in our conscience, but shouts in our pains: it is His megaphone to rouse a deaf world.”  En dit is juis ook Elihu se hele betoog: ons leer God nie net ken in die mooi dinge van die lewe nie, maar ook in die hartseer tye. Ellende kan selfs betekenisvol wees, al maak dit geen sin nie!

Wat ek uit Job se gesprek met Elihu leer, is dat die goed van die lewe nie beter is as die sleg van die lewe nie. In beide is God ewe veel teenwoordig. Immers kan niks ons van die liefde van God skei nie. (Aldus Rom 8:35). 

GEBED: Gee dat ek U net soveel in slegte tye vertrou soos in die goeie tye, omdat U my liefhet.

MUSIEK:

Ons luister vandag na “Shattered: Purpose Through the Pain” deur Tracyann Martin.

Uit die liriek:

I kneel down in the silence, shattered and torn,

Echoes of regret like a relentless storm.

Every word of rejection, every look of disdain,

I cry out to You, Lord, feeling lost in my pain.

In the depths of my despair, Your whisper cuts through,

“My child, your path is carved in every scar you view.”

Purpose through the pain, Your plan hidden in the tears,

In every cry I’ve voiced, Your love draws ever near.

Though the night feels endless, Your light will lead me on,

In every wound and heartache, Your purpose will be done.