>
– Matteus 4:16/Jesaja 9:1: “Die volk wat in duisternis woon, het ‘n groot lig gesien; vir dié wat in die skaduwee van die dood woon, het ‘n lig opgegaan.”
>
– Die duisternis word nie verdryf deur harder te kyk nie, maar deur te besef waar die enigste Bron van Lig reeds is.
Die wêreld se duisternis in Matteus se tyd was tasbaar: politieke onderdrukking en sosiale onreg. Selfs vandag ervaar baie mense oomblikke waar dit voel asof God stil geraak het en die hart in duisternis gehul is. Midde-in sulke omstandighede praat die profete oor Lig wat sal aanbreek. Nie ‘n sprankie Lig, of ‘n Ligstraal nie. Nee, die Lig sélf wat sal kom (Johannes 8:12).
Die kuns van wag beteken eerstens om ons menslike onvermoë te erken dat ons nie ons eie kragopwekkers is nie. Hoop lê “buite” ons – in God self. Ons kyk nie in duisternis in nie; ons sien deur die Lig hoe die duisternis ophelder. Wanneer jou verwagtinge oor die lewe donker raak, word ons opgeroep om te wag op die Een wat ons Lig is (Lees Psalm 27:1).
>
– Neem vandag ‘n oomblik en onthou die tyd toe God se Lig die eerste keer in jou eie duisternis opgegaan het. Hoe kan jy daardie herinnering vandag gebruik om hoop te gee aan iemand wat uitsigloos voel?
>
Verlosser en Lig van die wêreld, dankie dat U ons Bron van Hoop is, en nie ons eie inspanning nie. Lei my weg van die skaduwee sodat ek vandag in U Lig kan wag.

