“Waarom is daar onrus onder die volke, waarom smee die nasies planne – en dit tevergeefs?” (Ps 2:1)
*****
Vrees. Verdeeldheid. Vernietiging. Dit is die wêreld waarin ons leef. Dit voel asof Psalm 2 spesifiek op ons tyd van toepassing is. “Waarom?” wil ons ook weet. Waarom besef ons nie dat dit nie ons vyand is wat ons wil dood hê nie; dit is ons medemens? Per implikasie is die opstand teen ons medemens eintlik ‘n opstand teen hoe God wil hê die mens moet leef.
Walter Brueggemann merk op: “Psalm 2 is ‘n intense nadenke oor die aard van God se soewereiniteit in die aangesig van menslike opstand.” Soewereiniteit beteken dat God die laaste sê oor alles het. Soos Job bely: “Nou weet ek dat U tot alles in staat is en dat U kan uitvoer wat U besluit” (Job 42:2).
Die vraag is of ons op God se soewereiniteit vertrou. Vertrou ons dat God, te midde van die chaos om ons, steeds die uiteindelike beheer oor alles het? Al lyk dit nie so nie? Sien ons net die chaos, of sien ons ook hoe God lag vir die gekkigheid? (Sien v4). God is allermins ongevoelig teenoor die mens se lyding; daarvoor is daar te veel psalms wat juis God se deernis beskryf. Maar, vir eers moet ons weet wie God is! As dit lyk asof daar net nooit vrede tussen nasies sal wees nie, herinner Psalm 2 ons aan ‘n groter prentjie. Die psalm eindig met die woorde: “Dit gaan goed met almal wat by Hom skuiling soek” (v12b). Nie die sterkste ekonomie met die sterkste weermag en die meeste kernwapens kan kompeteer met die skuiling wat God vir ons wil bied nie.
God se soewereiniteit is nie maar net ‘n groot woord nie. Dit is ‘n realiteit wat alles verander. Glo jy dit?
GEBED: Soveel dinge maak my bang; maar dankie dat ek by U mag skuil.
MUSIEK:
Die koor van die Westminster-katedraal sing Psalm 2 as die inleiding van ’n Middernagmis (2009).
Uit die liriek:
Psalm 2
Why do the heathen rage, and the people imagine a vain thing?
The kings of the earth set themselves, and the rulers take counsel together, against the LORD, and against his anointed, saying,
Let us break their bands asunder, and cast away their cords from us.
He that sitteth in the heavens shall laugh: the LORD shall have them in derision.
Then shall he speak unto them in his wrath, and vex them in his sore displeasure.
Yet have I set my king upon my holy hill of Zion.
I will declare the decree: the LORD hath said unto me, Thou art my Son; this day have I begotten thee.
Ask of me, and I shall give thee the heathen for thine inheritance, and the uttermost parts of the earth for thy possession.
Thou shalt break them with a rod of iron; thou shalt dash them in pieces like a potter’s vessel.
Be wise now therefore, O ye kings: be instructed, ye judges of the earth.
Serve the LORD with fear, and rejoice with trembling.
Kiss the Son, lest he be angry, and ye perish from the way, when his wrath is kindled but a little. Blessed are all they that put their trust in him