#30 VREESLOOS VERNUWEND

Môre begin ons met ‘n splinternuwe reeks. Hierdie maand se tema het homself letterlik “langs die pad” aangebied – op ‘n boekrak by ‘n padstal. Ek het die boek (“Die Groot Belofteboek”, geskryf deur Annes Nel) gekoop, wetend dit is dan ook die naam van die nuwe reeks: #BELOFTES.  Op die titelbladsy was ‘n aanhaling: “Ons glo dat die toekoms aan God behoort en dat God se beloftes verrassender vervul sal word as wat ons kan droom.” Die boek is ‘n versameling beloftes (een vir elke dag van die jaar), maar wat my eintlik gemotiveer het om die boek te koop, was die goeie verduideliking van hoe om die beloftes van die Bybel te verstaan. En dit is nie so maklik nie…

Sommige beloftes is nie vir ons bedoel nie; sommige beloftes het reeds in vervulling gekom; sommige beloftes sluit voorwaardes in (“As julle… Dan sal Ek…”). Sommige beloftes weerspreek mekaar; sommige klink te goed om waar te wees – dink nou maar aan Jesus se beloftes:  “As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry” (Joh 15:7). Daar is beloftes van rykdom en welsyn en beskerming waarop soveel voorspoedspredikers aanspraak maak (en as dit nie in jou lewe realiseer nie, is dit omdat jy nie genoeg vertrou nie. Of so sê hulle…) En so kan ek aanhou.

Die Bybel se ander naam sou goedskiks God se Boek vol Beloftes kon wees. Ons leer God se wese deur God se beloftes ken, en daarom word God se beloftes ons geloofsbelydenisse. Soos die vorige eeue se groot Amerikaanse evangelis, Dwight Moody, ons herinner het: “God maak ‘n belofte; in geloof glo ons dit, in hoop verwag ons dit en met geduld sien ons daarna uit.”

GEBED: U is die getroue God, die Een wat geeneen van U beloftes vergeet nie.  Versterk my geloof dat dit by my belydenis pas.

MUSIEK:

Ons kyk na die liriekvideo van “Gouden belofte: deur Nederland Zingt.

Uit die liriek:

Heer, U beloofde niet

een zon die altijd schijnt.

Heer, U beloofde niet

een kalme zee

en U beloofde niet

een leven zonder strijd,

maar U beloofde wel:

‘K ga met je mee.

Heer, U beloofde niet

dat zorg ons blijft bespaard.

Heer, U beloofde niet:

er vloeit geen traan,

maar U beloofde wel:

je blijft Mij alles waard.

Ik zal steeds naast je gaan,

heel jouw bestaan.

Gouden belofte

waar wij op bouwen.

Bij voor- of tegenspoed

uiteindelijk komt het goed.

Daarom volgen wij

de roepstem van de Heer.

Hij is steeds met ons, Immanuël.

Nee, wij beloven niet

nooit in de fout te gaan

of nooit te twijfelen, Heer,

aan uw plan,

maar wij beloven wel

van U te houden, Heer

en U te dienen ons leven lang.

Gouden belofte

waar wij op bouwen.

Bij voor- of tegenspoed

uiteindelijk komt het goed.

Daarom volgen wij

de roepstem van de Heer.

Hij is steeds met ons, Immanuël.

Gouden belofte

waar wij op bouwen.

Bij voor- of tegenspoed

uiteindelijk komt het goed.

Daarom volgen wij

de roepstem van de Heer.

Hij is steeds met ons, Immanuël.

Hij is steeds met ons, Immanuël.

Zijn belofte is: Immanuël.