#29 – 23 Mrt

40 DAE VAN OORWINNING

#29 – 23 Mrt

> 💡 OORWINNING OOR LIEFDELOOSHEID

“Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie, die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie.” – 1 Korintiërs 13:4

Liefdeloosheid is wat gebeur wanneer ’n hart verdroog. Wanneer ons vanuit ons eie reserwes probeer leef, droog die inspirasie uit die bron in ons op. Dan begin 1 Korintiërs 13 soos ’n onmoontlike lys liefde-eise klink.

Maar by die kruis ontdek ons: om lief te kan hê is nie ons prestasie nie – dit is ’n Persoon. Die liefde wat Jesus gewys het, was nie bloot menslike wilskrag nie, maar die vrug van sy eenheid met die Vader.

In hierdie Lydenstyd leer ons: liefdeloosheid word nie oorwin deur harder te probeer nie, maar deur met groter vrymoedigheid te ontvang. Die Gees word weer ons Bron. Ware oorwinning is om sag te word onder genade – en dáár te bly.

🙏 GEBED:

> Here, my eie liefde se lont is so kort.

> Ontbloot die hardheid wat ek wegsteek.

> Vergewe my selfregverdiging en genees my stille bitterheid.

> Asem u Gees tot diep binne my leegheid.

> Wees U self die liefde wat ek nie kan wees nie.

> Stort u genade deur my krake en hou my sag in u hande. Amen.