PADLANGS #9 – 12 Feb.

PADLANGS #9 – 12 Feb.

> 💡 DISSIPELSKAP IS ‘N SAAM-SAAM LOOP

📖 Prediker 4:9–10 – “Twee is beter as een… as hulle val, kan die een sy maat help opstaan. Maar wee die een wat alleen is en val – daar is niemand om hom op te help nie.”

Dissipelskap was nooit bedoel as ’n alleenreis nie. Ons het dit geïndividualiseer: “my wandel met God,” “my stil tyd,” “my geloof.” Maar Jesus het nooit ’n dissipel alleen gestuur nie – altyd twee-twee. Paulus en Barnabas. Petrus en Johannes. Die Evangelie is gemeenskaplik, nie privaat nie. Wie stap saam met jou? Nie mense wat jou bewonder nie, maar mense wat jou sien val en help opstaan. Dissipelskap in isolasie is nie dissipelskap nie – dit is individualisme met ’n Bybel. Ware dissipelskap is saam-saam loop.

🔌 Wie is jou geestelike reisgenoot wat weet wanneer jy val en jou help opstaan? Jou aanspreek as jy verkeerd doen of jou troos?

🛐 My Here, ek weet dat U my Ewige Reismaat is, maar ek weet U gee ook mense om die lewenspad vir my makliker te maak. Laat ek die hand aanvaar wat uitstrek na my toe. Amen.

🎧 VIR DIEPER DUIK: Luister gerus na die kort bespreking op die YouTube-kanaal, waar ons dieper delf in hoe Jesus sy volgelinge twee-twee uitstuur. Ware dissipelskap gebeur altyd saam-saam.