ADVENT ‘24, MAANDAG, 9 Des.
WEEK 2 – VREDE
Soms is die sinchronisasie van toevallighede net te toevallig om as “toevallig” gereken te kan word. Dit is inderdaad dan ‘n oomblik waarop die Lig net te helder skyn om misgekyk te word. En dit het sopas met my gebeur!
Op vele maniere kom ‘n sinnetjie deesdae gereeld in gesprekke op: “vrede sonder regverdigheid is nie vrede nie.” Dit is ook die eerste sin waaraan ek dink toe ek met hierdie dagstuk begin.
Dit laat my dadelik blaai na die loflied van Maria (Lukas 1:46-55). Soos gebruiklik speel Taizé-musiek in die agtergrond. Terwyl ek die gedeelte soek, hoor ek die woorde van ‘n snit, bykans soos ‘n megafoon in my oor:
“The kingdom of God is justice and peace / And joy in the Holy Spirit / Come, Lord and open in us the gates of your kingdom.”
Dit is asof Maria self besig is om te sing: “Maghebbers het Hy van trone afgeruk en geringes verhoog; behoeftiges het Hy oorlaai met goeie gawes” (Luk 1:52-53).
Hoe min van hierdie vrede het Maria in haar eie lewe gesien – nie net met die aankondiging van Jesus se geboorte nie, maar later selfs aan die voet van die kruis van haar seun, Jesus. Soos ons sekerlik ook wil uitroep: Waar is daar van hierdie vrede om ons sprake. Ons sien nie die maghebbers onttroon nie; ons sien nie swaarkry omgedraai nie. Ons sien niks daarvan nie! En tog sing Maria dit as ‘n loflied; nie as ‘n klaaglied nie. In Maria se loflied sien ons hoe hoop en vrede hand-aan-hand loop. Maria sing oor wat haar geestesoog sien; nie oor wat fisies om haar aangaan nie.
Soos hoop ons iets van die toekoms nou reeds laat glo.
Hoop is Iemand. Soos vrede ook Iemand is. En dit is wat Maria verstaan het: haar Verlosser kom.
GEBED: Ek pleit om vrede, Here, wetend, U vrede lyk anders.
MUSIEK:
Ons kyk na die musiekvideo van “Find My Peace” deur Naomi Raine.
Uit die liriek:
I find my peace in You
Jesus, Jesus
All of my joy in You
Jesus, Jesus
And I am sure that You’ll never leave me
Never forsake me, no no no
I find my peace in You
Jesus, Jesus
When I look around
And everything’s crazy
You are still God
That’s never changing