#7 – 25 FEB

40 DAE VAN OORWINNING

#7 – 25 FEB

> 💡 *OORWINNING OOR VERWERPING

“Al verlaat my vader en my moeder my, die Here sal my aanneem.” – Psalm 27:10

Verwerping sny dikwels dieper as enige fisiese wond. Dit lê stil in die krake van ons harte en beïnvloed onbewustelik hoe ons liefhet, hoe ons ander vertrou en hoe ons uiteindelik onsself sien. Party van hierdie wonde kom van mense wat ons eintlik moes beskerm het, terwyl ander spruit uit harde woorde wat nooit weer teruggetrek is nie.

Jesus is egter nie vreemd aan hierdie pyn nie; Hy ken verwerping intiem. Sy eie mense het Hom verwerp, Sy dissipels het gevlug. Petrus het Hom ontken. Aan die kruis beleef Hy die uiterste verlatenheid wanneer Hy uitroep na Sy Vader. Oorwinning oor verwerping beteken nie jy maak of die pyn nie bestaan nie. Dit beteken jy ontdek dat jou diepste identiteit nie gevorm word deur wie jou wegstoot nie, maar deur Wie jou aanneem. God se aanvaarding is nie oppervlakkig nie; dit is kruis-diep. Jy is gewild in die hart van God.

🙏 GEBED:

> Here, ek bring my wonde van verwerping na U toe.

> Dankie dat U my aanneem, selfs wanneer ander my wegstoot.

> Help my om my waarde in U liefde te vind.

> Genees die plekke wat nog seer is. Amen.

——–

Ek neem graag die vrymoedigheid om jou te vra om dit te oorweeg om ‘n donateur te wees wat hierdie bediening ondersteun. Ek bied dit as gratis dagstukke vir enige persoon om te lees, maar tog is daar vir my kostes aan verbonde. Sou jy dit kan bekostig om ‘n bydrae te maak, laat ek graag vir jou my besonderhede: STANDARD BANK; TAKKODE: 051001: REK NO: 080042805; REK NAAM: RM BEZUIDENHOUT. Dankie dat jy dit sal oorweeg; en veral dankie aan elkeen wat hierdie bediening in die verlede al ondersteun het.