Ronell BEZUIDENHOUT

Ronell BEZUIDENHOUTRonell BEZUIDENHOUTRonell BEZUIDENHOUT
  • TUIS
  • MEER OOR
  • NEEM DEEL
  • LEES
  • SKADU
  • KONTAK
    • TUIS
    • MEER OOR
    • NEEM DEEL
    • LEES
    • SKADU
    • KONTAK

Ronell BEZUIDENHOUT

Ronell BEZUIDENHOUTRonell BEZUIDENHOUTRonell BEZUIDENHOUT
  • TUIS
  • MEER OOR
  • NEEM DEEL
  • LEES
  • SKADU
  • KONTAK

AL PSALMEND-KURSUS oor PSALMS

Ons sien uit na jou deelname

Die whatsapp-boodskappe kan nie nagenoeg reg laat geskied aan die rykdom van die Psalms nie.  Daarom het ek 'n aanlynkursus wat jou verder begelei met meer video's, ekstra verwysings en besprekings . Ek gee ook 'n deeglike bronnelys. 


Daar is ‘n rykdom van roetes om te volg as jy ‘n ernstige “bybelstudent” wil wees. Jy kan baie krities na die Psalms kyk;  jy kan teksverse met mekaar vergelyk; jy kan rondblaai in die Bybel ... Dit is alles geldige maniere. 


Dit is egter nie hoe ons hierdie  te werk gaan nie. 


Teenoor hierdie “tegniese roetes” om die Psalms te dissekteer met ‘n vergrootglas en ‘n skalpel, gaan ons ‘n meer “spirituele lees” (of “meditatiewe lees”) metode toepas. Jy gaan die Psalms biddend lees. Soos dit bedoel is.


Die aanlyn kursus bestaan uit 4 weke.  Twee keer 'n week word materiaal gelaai wat jy aflaai of aanlyn op jou eie tyd bestudeer.  Jy kan ook alles op een slag aflaai.


Daar is verskillende videos wat jy kan aflaai; daar is ekstra leeswerk; daar is ‘n magdom bronne wat ek vir jou aanbeveel (bykans almal is op die internet vir jou gerief). 

Die bedoeling van hierdie reeks is dat jy in geloofsvolwassenheid wil groei. Dit is nie ‘n kursus  wat net jou kennis gaan verbreed nie. 


Die koste vir die kursus beloop R400.   Ingesluit kry jy ook toegang tot die 40 dagstukkies oor die Psalms.  


Jy kan hier onder op die PayNow skakel klik en dan 'deur die platform Payfast jou betaling maak.  Jy sal daarna vir jou e-pos en betalingskeuse gevra word en dadelik toegang tot die kursus ontvang. 

 

Payfast-betalings kan maklik en veilig via krediet-, tjek- en  debietkaarte, EFT's, Zapper, MasterPass en SCode gemaak word. 


image677

KLIK OP "PAY NOW" EN REGISTREER EN BETAAL VIR KURSUS


Kopiereg © 2021 Ronell Bezuidenhout

Foto's van Unspash.com.

"Cookie" kennisgewing

Ons webwerf aktiveer koekies op jou rekenaar, slimfoon of tablet. Jy aanvaar die gebruik van koekies deur ons webwerf. 

AANVAAR