# Dagbreek
Dit neem soms ure se kopkrap om 'n titel te vind vir 'n nuwe maandreeks. Ander kere kom die woord sommer net in jou gedagtes na vore. En dan, soos in hierdie geval, word jy in die middel van die nag wakker met 'n gedagte, asof kliphard gese. Hierdie keer was dit so. Gitswart is die nag om my, maar die woord is helder uitgespreek: "Dagbreek."
Is dit nie presies waaroor Paastyd gaan nie: die son het vir ons opgekom. Die donkerte sal nooit die lig kan verdoof nie. Die nuwe dag het aangebreek.
Ek nooi jou uit na hierdie nuwe dagstukreeks vir Paastyd wat op 1 April begin. Paasfees is die langste feestyd in ons kerklike seisoen! Ons dink soms daaraan as die langnaweek rondom Goeie Vrydag en Opstandingsondag. Maar, nee, glad nie! Dit is 'n lange feestyd! Jy moet behoorlik uitasem wees na hierdie feesviering. Die Here het opgestaan! Die Heer het waarlik opgestaan. Die dag het aagebreek. Laat ons vrolik wees.
Hoe kan jy deel word van hierdie feesgeselskap? Stuur jou besonderhede na my selnommer, 0832810547, of registreer op my webblad.
Die daaglikse boodskap word - saam met pragtige musiek - of 9 uur saans, of 6.30 soggens uitgestuur. Dui aan wat jou voorkeur is.
Alhoewell dit 'n gratis bediening is, is ek volledige afhanklik van die donasies van lesers om dit lewesvatba ar te hou. As jy dit kan bekostig, oorweeg dit asseblief om 'n donateur te word. Die boodskappe word tans ook in Duits en in Engels vertaal juis sodat meer mense daardeur gevoed en opgebou kan word.
BANKBESONDERHEDE:
STANDARD BANK / TAKKODE: 051001
REK NO: 080042805 ./ RM BEZUIDENHOUT.
Paasfeesgroete, Ronell
Hoe doen ons dit?
Elke meditasie word vergesel met 'n daagliks musiekvideo van musiek uit alle oorde van die wêreld.
As jy nog nie my dagstukke ontvang nie, stuur gerus 'n boodskap na 0832810547 of ronellbezt@gmail.com. Jy kan ook direk registreer deur hier te klik.
Dui ook aan of jy dit soggens (06:30) of saans (21:00) wil ontvang.
Saam met hierdie reeks plaas ons ook daagliks op Facebook en Instagram grafika met die dagstuk se gebed wat jy vrylik kan deel.
Dit is gratis en word uitsluitelik met vrywillige ondersteuning finansier.
Hoofkunswerk: Girolamo da Santacroce, Die Opstanding, 1530
Benjamin Gerritsz, The Resurrection of Christ, 1640
Klik en kyk:
Argiewe van die potgooie (podcasts) van die dagstukkie-meditasies en die gereelde #Veelkleurig-onderhoude word op platforms soos Spotify, iTunes, Amazon, Deezer, Amazon, iTunes en ander vrygestel.
Maak jou mottorrit of sommer jou oggendkoffie ‘n bietjie rustiger terwyl jy daarna luister
Ronell gesels gereed met interessante mense, bekend en minder-bekend, oor verhale van hoop in haar beeldstroomprogram, #Veelkleurig. Die episodes van #Veelkleurig is gelyktydig op Facebook, YouTube en Instagram beskikbaar. Luister ook daarna op Spotify, Deezer, Amazon, Apple en ander potgooiplatforms. Onthou die episodes bly op al die platforms beskikbaar om later te kyk of te herkyk.
Teken in vir gereelde nuusbriewe met bruikbare inligting, nuus en artikels oor Ronell se internetbediening en ontvang sodoende 'n gereelde boodskap van hoop.
Ons You Tube-kanaal is gepak met musiek-video-speellyste, onderhoude, gebede en dagstukkies-video's uit al ons verskillende reekse.
Jy kan al ons vorige dagstukkie-meditasie-reekse rustig op jou eie tyd lees en bestudeer. Klik op die skakel onder.
Lees meer oor Ronell en haar digitale- bediening. "Só het die Here uit 'n baie hartseer tyd 'n nuwe geloofsdroom by my wakkergemaak en kon ek my teologiese opleiding steeds met passie uitleef."
Baie dankie dat jy ons webwerf en digitale bediening besoek.
Ons daaglikse boodskappe word elke dag per Whatsapp gestuur. Jy kan ook die boodskappe daagliks op die webwerf volg. Ons deel ook ekstra inligting, video's en selfs musiek op die webwerf, Facebook, Instagram en op YouTube.
Ek wil jou vra om 'n bydrae te maak om die koste van die projekte te help dra. As dit in jou vermoë is om my te ondersteun, ontvang ek dit met dankbaarheid.
Jy kan hier onder op die skakel klik en dan 'n baie veilige betaling deur die platform Payfast maak met enige debiet- of kredietkaart of jy kan 'n betaling direk in my bankrekening doen.
Kopiereg © 2024 Ronell Bezuidenhout
Klik vir meer oor beskerming van persoonlike inligting
Primêre foto's van Pixabay en Unsplash.
Ons webwerf aktiveer koekies op jou rekenaar, slimfoon of tablet. Jy aanvaar die gebruik van koekies deur ons webwerf.