"Spiritual direction is, in reality, nothing more than a way of leading us to see and obey the real Director — the Holy Spirit hidden in the depths of our soul." (Thomas Merton)
“A sort of archetypal spiritual direction in the Christian tradition was practiced by the Desert Fathers (between 300 -600 AD). In the desert surviving as a human being and a faithful Christian was for most people only possible with a reliable guide. Spiritual guidance grew in a very natural way. Beginners looked for support from experienced fellow-travellers. They sought concrete advice. 'Speak a word to me.' They wanted clear directions so that they would not lose their way." (Gideon van Dam, Dutch Protestant Church, Netherlands)
"Spirituele begeleiding is ’n kuns wat wêreldwyd in die kerk ontwikkel het en wat aangeleer en ingeoefen moet word. Dit oorvleuel in ’n mate met pastoraat en sielkundige terapie, maar dit het ‘n unieke karakter.” (Sentrum vir Spiritualiteit – Pretoria)
Lees hier wat Neels Jackson hieroor skryf en hier wat Prof Pieter de Villiers skryf. Lees ook hierdie verduideliking oor wat geloofsbegeleiding is.
Enige iemand met die begeerte om ‘n verdieping in hul geloof te ervaar behoort ‘n ervare en goed-toegeruste geloofsvriend/in te hê. ‘n Geloofsbegeleier is wel meer as net ‘n geloofsvriend. Dit is iemand wat opgelei is om sy/haar volle aandag te gee aan dit waarmee God in jou lewe besig is en hoe jy daarop reageer. Dit gaan dus oor “Godsvrae” en “Self-vrae”. Integriteit en luistervaardighede is nodig, ‘n fyn aanvoeling vir leiding van die Heilige Gees en insig in die Skrifte.
Die internet het alles verander … ook spirituele begeleiding. Tyd en plek is nie meer ‘n beperking nie, selfs nie kontinente nie! Sessies vind gewoonlik minstens een maal per maand plaas via Skype of ander media. Kostes is R300 per uur, maar kan onderhandel word. (Dit is uiters gefokusde gesprekke en kan opgevolg word met verdere elektroniese kontak, insluitend materiaal wat verskaf kan word vir bestudering).
Alhoewel ek vanuit die christelike tradisie werk, is my opleiding in Sielkunde (B.A. Hons. UPE) en Spirituele Intelligensie nie eksklusief beperk tot ‘n sekere groep nie. Ek werk so “interreligious” en interkerklik moontlik.
"Ronell Bezuidenhout het oor my pad gekom op 'n stadium van my lewe waar ek baie vrae oor my geloof en spirituele ontwikkeling gehad het.
Sy laat jou veilig voel om moeilike vrae te vra en voortdurend na nuwe antwoorde te soek. Sy het my geleer, as ‘n maatskaplike werker, om nie net met ander empatie te hê nie, maar ook teenoor myself. Sy is 'n uitstekende voorbeeld van hoe om bewustelik te leef. "
“Na die opbreek van 'n verhouding en 'n gewelddadige "mugging" - wat sekerlik van die mees traumatiese ervarings in my lewe was - kon ek, saam met Ronell en haar kalm, empatiese, sobere en tog diep spirituele manier, soek na betekenis. Sy het my geleidelik gehelp om 'n nuwe "wysheid" te vind”.
"Ronell is al vir n aantal jare my spirituele begeleier en mentor en het oor die jare groot inspraak by kruispaaie in my lewe gehad. Ek ervaar haar as ‘n inspirasie, as ‘n sterk leier gegrond in God, met ‘n deurleefde wysheid wat sy inweef in haar begeleiding van ander. Empaties maar ook met ‘n gees van fyn onderskeiding... voorwaar ‘n rare vrou met n besondere gawe om perspektief en insig te bring.”
Kopiereg © 2024 Ronell Bezuidenhout
Klik vir meer oor beskerming van persoonlike inligting
Primêre foto's van Pixabay en Unsplash.
Ons webwerf aktiveer koekies op jou rekenaar, slimfoon of tablet. Jy aanvaar die gebruik van koekies deur ons webwerf.