Klik onder en kyk na Ronell se video-uitnodiging:
Die Bybel is ‘n biblioteek van 66 boeke. En, net soos die boeke in ‘n biblioteek volgens kategorieë ingedeel word (bv. fiksie; biografieë; ekonomie; kookboeke, ensovoorts), so is die Bybelboeke ook in kategorieë ingedeel.
In die Ou Testament kry jy byvoorbeeld die Klein en die Groot Profete - in die Nuwe Testament kry jy weer al die briewe van Paulus saam gegroepeer. Onder andere is daar is daar ook ‘n indeling wat ons noem: “Wysheidsliteratuur.” Dit is juis waaroor ons volgende reeks gaan. Ek noem dit sommer: “Wees Wys!”
Bybelse wysheid sou ons seker bloot kon definieer as om die lewe vanuit God se perspektief te bekyk. Job 12:13 leer, “By God is wysheid en krag, by Hom is raad en insig.” Wysheid is nie net sekere mense beskore nie! Jakobus in sy brief herinner, “As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.”
Jy kan nie ‘n groter geskenk vir jou eie leefwêreld bied as wysheid nie! Jy het gelukkig ‘n boek wat jou daarvoor kan toerus: die Bybel is vol verhale van wyse mense met baie wyse raad om te volg. Word wys … leef wys… WEES WYS! Dit is ons Juliemaand-tema.
Ons nooi jou uit om die daaglikse meditasie-boodskap op Facebook, Instagram en op ons webwerf te lees en op potgooi daarna te luister.
Jy kan ook dit daagliks per WhatsApp ontvang, maar ingevolge die nuwe Popi-wetgewing moet jy self daarvoor inteken op die skakel onder. (Behalwe as jy reeds deel van ons daaglikse WhatsApp groep is).
Hierdie boodskapreeks werk op ‘n vrywillige donasie basis. Bydraes word wel opreg waardeer. Ek is dankbaar vir die gawe van woorde en tegnologie om steeds in God se koninkryk te kan werk. Jou bydrae maak dit moontlik .
Jy kan daarop staatmaak dat die boodskappe altyd op dieselfde tyd, via whatsapp, uitgestuur word. Jy kan kies tussen 21:00 of 06:30 vir jou dagstukkie se lewering. Ons deel ook ekstra inligting, video's en selfs musiek op Facebook en Instagram en die webwerf.
'n Spesiale aanbieding vir gemeentes en bybelstudiegroepe wat van die materiaal gebruik wil maak, is ook beskikbaar. Vir meer inligting hieroor e-pos ronell@ronellbezuidenhout.co.za.
Die kort potgooie word elke oggend vroeg gelaai om dit vir jou luisterbaar te maak op jou selfoon of enige rekenaar. Dalk saam met jou oggendkoffie, op pad skool of werk toe, of selfs as jy net rustig in die natuur wil asemskep.
Ons vra met groot vrymoedigheid donasies vir hierdie reekse, soos wat jy dit kan bekostig. Dit is gerieflik en veilig deur die skakel onder te volg.
Die daaglikse boodskappe word ook élke dag per Whatsapp gestuur. Jy kan ook die boodskappe daagliks hier op die webwerf volg. Ons deel ook ekstra inligting, video's en en musiek op die webwerf, Facebook Instagram en YouTube. Daar is ook inspirerende weeklikse video's en gesprekke soos ons VEELKLEURIG-reeks.
Ek wil jou vra om 'n bydrae te maak om die koste van al die projekte te help dra. As dit in jou vermoë is om my te ondersteun, ontvang ek dit met dankbaarheid.
Jy kan hier onder op die skakel klik en dan 'n betaling deur die platform Payfast maak. Dit is 'n maklike en baie veilige betalingwyse!
Klik gerus onder en volg ons #Brandpunt-speellys op ons YouTube-kanaal. Kies die aaneenluister skakel en geniet die inspirerende musiek.
Kopiereg © 2022 Ronell Bezuidenhout
Klik vir meer oor beskerming van persoonlike inligting
Primêre foto's van Pixabay en Unsplash
Ons webwerf aktiveer koekies op jou rekenaar, slimfoon of tablet. Jy aanvaar die gebruik van koekies deur ons webwerf.