Ronell BEZUIDENHOUT

Ronell BEZUIDENHOUTRonell BEZUIDENHOUTRonell BEZUIDENHOUT
  • TUIS
  • MEER OOR
  • NEEM DEEL
  • LEES
  • SKADU
  • KONTAK
    • TUIS
    • MEER OOR
    • NEEM DEEL
    • LEES
    • SKADU
    • KONTAK

Ronell BEZUIDENHOUT

Ronell BEZUIDENHOUTRonell BEZUIDENHOUTRonell BEZUIDENHOUT
  • TUIS
  • MEER OOR
  • NEEM DEEL
  • LEES
  • SKADU
  • KONTAK

Lydenstyd is 'n reis vir geloofspelgrims

Klik onder en kyk na Ronell se video-uitnodiging:   


LEES ALLES OOR "ONDER DIE SKADU VAN DIE KRUIS"

ONS PELGRIMSTOG TYDENS LYDENSTYD 2021

Beste Geloofsvriend


Vir dié wat van “iets meer” hou wil ek jou persoonlik uitnooi na 'n Lydenstydkursus: ONDER DIE SKADU VAN DIE KRUIS – GELOOFSGEWOONTES VIR LYDENSTYD.


Deur al die eeue is daar in die Kerk tydens hierdie periode op drie baie spesifieke geloofsgewoontes gefokus. Kom leer meer hieroor en hoe jy dit vandag prakties kan toepas. Hierdie gewoontes pas perfek in by Jesus se laaste woorde aan die kruis.


Tydens die 6 Sondae van Lydenstyd stel ons elke Sondagoggend 'n webinaar - 'n video met studie-materiaal - vry. Elk van die ses webinaars sluit 'n meditatiewe nadenke oor die kruiswoorde van Jesus in, asook 'n verduideliking van die geloofsgewoontes met ekstra leeswerk wat in die daaropvolgende week ingeoefen kan word.


Hierdie inligting is selfoon-, tablet- en rekenaarvriendelik op die webwerf verpak en as jy sou verkies kan jy die studie-materiaal in PDF-formaat aflaai. Jy kan die video en addisionele leesmateriaal op jou eie tyd lees en bestudeer en later herlees.

Addisioneel tot die kursus word jy uitgenooi:


• na 'n kort video en leestuk wat op Dinsdag, 16 Februarie, vrygestel word, wat jou begelei om die 40-dae Lydenstyd te verstaan.

• na 'n virtuele nagmaalsdiens wat op Aswoensdag (17 Februarie) om 07:00 gebeeldstroom word. Jy kan dit op ons Youtube-kanaal of op ons Facebookblad volg. Jy kan die nagmaalsdiens weer saam met vriende en familie op jou eie tyd kyk en herkyk.

• Ons sluit die Lydenstyd op Saterdag, 3 April, met 'n meditasiediens af. Hierdie Saterdag staan bekend as Donkersaterdag. Hierdie diens berei jou voor om die volgende dag met afwagting in te wag: Opstandingsdag het uiteindelik aangebreek. Hy leef!


Hierdie kursus begin op Sondag, 21 Februarie.


Die koste van die kursus is R300. Indien jy vooraf registreer kan jy 10% afslag op die kursus ontvang. Gebruik die afslag-kode 28K7ZJU7 en klik op die skakel onder:

REGISTREER VIR KURSUS

Daaglikse WhatsApp meditasie-boodskappe

Ons nooi jou uit om vir die 40-dae tydens Lydenstyd 'n daaglikse meditasie-boodskap op jou WhatsApp te ontvang. Jy moet hiervoor registreer (behalwe as jy reeds deel van ons daaglikse WhatsApp groep is). Hierdie Whatsappreeks werk op ‘n vrywillige donasiebasis. Bydraes word wel báíe waardeer.Alhoewel ek ’n paar jaar gelede my werk verloor het, dink ek glad nie aan myself as ’n “werklose dominee” nie. Ek is dankbaar vir die gawe van woorde en tegnologie om steeds in God se koninkryk te kan werk. Jou bydrae maak dit moontlik


Jy kan inteken om daaglikse boodskappe te ontvang:

  • Jy kan  daarop staatmaak dat boodskappe altyd op dieselfde tyd, via whatsapp, uitgestuur word.   Jy kan kies tussen 21:00 of 07:00 vir jou dagstukkie se lewering. 
  • Jy kan ook die boodskappe daagliks hier op die  webwerf volg.
  • Ons deel ook ekstra inligting, video's en selfs musiek op  Facebook. 


KLIK OM ONS DAAGLIKSE BOODSKAPPE TE ONTVANG

Gemeentes en bybelstudie-groepe

'n Spesiale aanbieding vir gemeentes en bybelstudie-groepe wat van die kursusvideo’s en materiaal gebruik wil maak is ook beskikbaar. Vir meer inligting hieroor epos ronell@ronellbezuidenhout.co.za.


image689

Lydenstyd = Lent

Ons berei voor vir Lydenstyd

Lydenstyd = Lent


In Afrikaans is ons woord “Lydenstyd” nie presies wat die oorspronklike woord bedoel het nie. Die woord “Lent” (soos wat hierdie periode in Engels bekend staan) beteken eintlik “om langer te maak.” Dit is baie gepas as verwysing na die son wat langer en warmer strale aarde toe stuur, soos wat die lente die winterkoue in die noorde begin wegstoot. 


Lente breek aan. Lydenstyd is dus die laaste stuiptrekkingdae van die winter; presies soos die laaste koue vlae van ‘n seisoen mos oorgaan na die volgende seisoen. Teen Paasnaweek in die noordelike halfrond het die lenteblomme oral begin uitkom, juis om op Paassondag die kerke soos lushowe te kan versier. 


Lent, die Engelse woord, se verwysing na lente is dus gepas as ‘n nuwe seisoen wat aanbreek. Vir ons is dit net ‘n bietjie “agterstevoor om”, want ons dae skuif in hierdie tyd oor vanaf somersdae en -aande na die kouer wintermaande wat voorlê. 


Dit help wel om te verstaan waar die woord “Lent” vandaan kom. Lydenstyd is steeds ‘n beter woord, juis omdat ons seisoen nie by “Lent” pas nie. Hierdie Lydenstydreis van 40 dae is wel ‘n reis na geestelike ontwaking. Vanuit doodsheid na Lewe.



Aswoensdag en wuivende palmtakke


Aswoensdag loop altyd parallel met die vorige jaar se lydenstydviering. Die 6de Sondag in Lydenstyd word “Palmsondag” genoem. Dit verwys mos na Jesus wat met die donkie Jerusalem inry, en dan verwelkom word deur swaaiende palmtakke en mense wat hul bokleed op die grond gooi (Mark 11:9). ‘n “Hosanna”-dag. 


In baie van ons gemeentes is dit gebruik dat kinders met swaaiende palmtakke die kerkgangetjies af kom en liedere sing. Palmsondag is die begin van die Heilige Week. Veral die Markusevangelie vertel vir ons stapsgewys wat daardie laaste week gebeur het voordat Jesus gesterf het. 


Daardie palmtakke van die vorige jaar se Palmsondag word tradisioneel op Aswoensdag gebrand tot as. Dan is die as met ‘n bietjie olyfolie gemeng tot ‘n paste. Op Aswoensdag is ‘n kruis op gelowiges se voorkoppe aangebring; of ‘n houtafdrukker met ‘n kruis ingekerf word in die as gedruk en op ‘n voorhand gedruk. Só het die volgende 40 dae siklus begin. Met ‘n kruis om jou eie lewenspad te simboliseer.

Die beginsel van “Aswoensdag” is nie in die Bybel nie. Maar die teologie waarmee dit gepaard gaan vorm beslis ‘n groot deel van die kern van ons geloof. 


Die simboliek van “40” in Bybel


Omdat 40 so ‘n besondere getal in die Bybel is, is dit te verstane dat 40-dae - teruggetel vanaf die dag voor Opstandingsondag (al die Sondae uitgeskakel) - jou altyd by ‘n Woensdag sal bring. Met die verwysing na die betekenis van as is dit dus ‘n groot simboliese dag; soos wat 40 ‘n simboliese betekenis in die Bybel ook het.


In die Bybel het 40 dae nog altyd die periode van beproewing uitgebeeld. Anders as wat ons die Bybel letterlik lees, moet dit nie as ‘n letterlike getal beskou word nie. Dit beteken eintlik ‘n lang periode. ‘n Periode wat nie sommer net tjoef-tjaf klaar is nie. Dit is ‘n periode waar jy deur swaarkry moes beur voor jy die vreugde geniet. Dink maar aan:


  • 40 dae en nagte se stortreën, voor die duif die takkie van groenigheid vir Noag aandra; 
  • 40 jaar se woestynloutering voor die Israeliete die Beloofde Land van melk en heuning en reuse druiwetrosse kan geniet;
  • 40 dae en nagte worstel Jesus met Satan oor sy identiteit , voordat Hy met sy bediening begin;
  • 40 dae na Jesus se dood onderneem hy ‘n nuwe reis: ‘n reis terug die hemele in.

Dit gaan dus oor ‘n lang periode; hetsy 40 dae; 40 nagte; 40 jare; 40 ligjare. 


Jesus: op pad na sy lyding


Aswoensdag begin altyd by die nadenke van Jesus se eie paadjie wat in die woestyn begin het. Woestyne is ook vir ons ‘n simboliese woord. ‘n Woestyn dui op ‘n tyd van beproewing. Dit is iets wat jy alleen aandurf … iemand kan nie jou woestynpad namens jou loop nie. Jy het net die Heilige Gees as jou metgesel.


Lydenstyd is ‘n jaarlikse herdenking van Jesus se paadjie wat in die woestyn begin het, en vandaar by die kruis geëindig het. Daar het die aardse Jesus se lewe opgehou. Die donkerste dag, ook simbolies, was die Saterdag na Jesus se dood. Jesus was in die donkerte van die graf. G’n wonder ons noem dit “Donkersaterdag” nie. Dink maar terug aan die verwardheid in die Emmausgangers se gesprek met mekaar. Die donkerte van die Saterdag het duidelik in hulle gemoed ‘n ander soort donkerte veroorsaak. Jesus in die graf het uitsigloosheid beteken. 


Veertig dae vantevore, (dit is nou 40 dae van Donkersaterdag teruggetel) is vir ons dus simbolies van Jesus se eerste tree … sy eie 40 dae reis in die woestyn in. Daar was dit sy worsteling met Satan en die versoekinge. Hierdie was die “suiweringstyd” vir Jesus, want direk daarna lees ons, “Die tyd het aangebreek…” (Mark 1:15). Dit het die begin aangekondig van die ‘n reis wat by die kruis sou eindig. 


‘n Geestelike Pelgrimsreis


Jy hoef nie ‘n geloofsreis fisies te onderneem nie. Hierdie is jou 40-dae reis na geloofsverdieping. 


John O’Donohue praat van só ‘n 40-dae periode as die Pelgrimsreis van Ontdekking: ‘n geloofsreis om jou eie vrese en tekortkominge in die oë te kyk; slegte gewoontes te konfronteer; ekkigheid raak te sien as die ongemak van reis te erg raak; maar ook om die vreugde te mag ervaar as jou eie beknopte sielsbedompigheid begin asemskep in die oopte wat die Heilige Gees vir jou bied.


Richard Rohr skryf in die pragtige boek, “Wondrous Encounters: Scripture for lent” die volgende paragraaf, 

There are two moments that matter. 

One is when you know that your one and only life is absolutely valuable and alive. 

The other is when you know your life, as presently lived, is entirely pointless and empty. 

You need both of them to keep you going in the right direction. 

Lent is about both.


Weet dat jou lewe buitengewoon waardevol is. Wetend ook, dat soos jy dit leef, jy dit nie noodwendig leef asof waardevol nie. 


Help ons met donasies

Ons vra met groot vrymoedigheid donasies vir ons dagstukkie- reekse, soos wat jy dit kan bekostig.  Dit is gerieflik en veilig deur die skakel onder te volg.

Jy kan ook die boodskappe daagliks hier op die webwerf volg.  Ons deel ook ekstra inligting, video's en en musiek op die webwerf, Facebook Instagram en YouTube.  Daar is ook inspirerende weeklikse video's en gesprekke  soos ons VEELKLEURIG-reeks.


Ek wil jou vra om 'n bydrae te maak om die koste van al die projekte te help dra.  As dit in jou vermoë is om my te ondersteun, ontvang ek dit met dankbaarheid.


KLIK EN ONDERSTEUN ONS ASSEBLIEF

JY kan DIE ARTIKEL LYDENSTYD =Lent ook in pdf lees of aflaai

Lees of Laai PDF af

ONS LYDENSTYD MUSIEKVIDEO-SPEELLYS

Ruth - Die Tyd Het Gekom

Vol ontzag - Christian Verwoerd (met Erika de With)

Hier is ek - Retief Burger

ASH WEDNESDAY SONG

Neville D - Kom Kniel By Die Kruis Ft. Rouchelle Liedemann

NOG VIDEO'S

Klik gerus onder en volg ons volle Lydenstyd-speellys op ons YouTube-kanaal. Kies die aaneenluister skakel en geniet die inspirerende musiek. 

Klik vir Lydenstyd-speellys

Ondersteun ons bediening



Ons vra met groot vrymoedigheid donasies vir hierdie reekse, soos wat jy dit kan bekostig.  Dit is gerieflik en veilig deur die skakel onder te volg. 


Die daaglikse boodskappe word ook élke dag per Whatsapp gestuur.  Jy kan ook die boodskappe daagliks hier op die webwerf volg.  Ons deel ook ekstra inligting, video's en en musiek op die webwerf, Facebook Instagram en YouTube.  Daar is ook inspirerende weeklikse video's en gesprekke  soos ons VEELKLEURIG-reeks.


 Ek wil jou vra om 'n bydrae te maak om die koste van al die projekte te help dra.  As dit in jou vermoë is om my te ondersteun, ontvang ek dit met dankbaarheid.


Jy kan hier onder op die skakel klik en dan 'n betaling deur die platform Payfast maak. Dit is 'n maklike en baie veilige betalingwyse!

KLIK EN ONDERSTEUN ONS

ARGIEF VAN VORIGE DAGSTUKKIE-REEKSE

Jy kan ook van ons vorige reekse hier her(lees). 

LEES HIER

Kopiereg © 2021 Ronell Bezuidenhout

Foto's van Unspash.com.

"Cookie" kennisgewing

Ons webwerf aktiveer koekies op jou rekenaar, slimfoon of tablet. Jy aanvaar die gebruik van koekies deur ons webwerf. 

AANVAAR