Baie dankie dit jy vir ons kursus oor die Psalms registreer het. Om aan te pas by jou spesifieke voorkeure bied ons die kursus in drie formate aan:
WAT HIERDIE REEKS NÍÉ IS NÍÉ:
Eintlik behoort ons nie die Psalms te “be-preek” of te bestudeer nie. Die Psalms is bedoel om gebid te word. Die Psalms is gebede. ‘n Mens kan oor gebed kursusse aanbied, maar as jy nie self begin bid nie, dan verstaan jy nog nie die krag van gebed nie.
Dieselfde met die Psalms. Die krag van die Psalms word eers ontsluit wanneer jy élke woord - van élke vers - van élke Psalm - begin bid.
Dit is nie moeilik om jou gunstelingverse te bid nie. Maar gaan kyk gerus: daar is verse wat onderstreep word; en ander wat jy nalaat, omdat jy dit nie verstaan nie.
Hierdie kursus wil jou help om élke vers te kan bid. Ook daardie “moeilikes”. Dit is hoe die Psalms bedoel was.
Moderne mense versamel inligting. Ons beweeg van een boek in die Bybel na die volgende een … asof dit ‘n doelwit moet wees om die Bybel “in een jaar” deur te lees. Moenie dít jou doelwit met die Psalms maak nie.
WAT JY VAN HIERDIE KURSUS KAN VERWAG:
Aan die einde van hierdie kursus gaan jy
· Agt modules (dele) ontvang wat jy op jou eie tyd kan deurwerk;
· ‘n leesrooster ontvang met voorstelle hoe jy al 150 Psalms kan lees. (Jy hoef dit nie in die aanbevole tyd te doen nie!)
· ‘n goeie en deeglike oorsig oor die verskillende tipe Psalms hê;
· die geskiedenis (konteks) leer ken waarbinne die Psalms geskryf is;
· oefeninge kry wat jou help om die verskillende tipe Psalms self te bid;
· aangemoedig word om selfs daardie verse te bid wat jy gewoonlik oorslaan.
· videoskakels en addisionele leesstof kry vir verdere studies, en
· visuele beelde (grafika) kry wat jy gerus met vriende kan deel.
HOEVEEL TYD GAAN HIERDIE KURSUS VAN JOU NEEM?
Die kursus is geskryf in 8 modules: twee per week. Jy hoef jy nie die kursus in vier weke te voltooi nie. Neem jou tyd!
Hier kan jy eenvoudig afrol "scroll" op jou selfoon of rekenaar skerm en jy sal al die teks, asook video's, grafika en internet-skakels dadelik kan volg.
In hierdie pdf-teks word geloofsoefeninge, foto's, grafika en skakels na bv. videos, ingesluit. Jy kan dit aflaai op jou rekenaar en/of selfoon en dit selfs druk.
In hierdie pdf-teks word uitsluitelik gefokus op leesstof en dit sluit nie video's en foto's in nie. Jy kan dit aflaai op jou rekenaar en/of selfoon en dit selfs druk.
In hierdie vier weke nooi ek jou om saam met my deur die hele Psalmboek te lees. Om al 150 psalms op een slag te lees neem ‘n mens ongeveer 5 ure. Dit beteken, as jy elke dag, vir die volgende 28 dae, vir ongeveer 15 minute lank lees, sal jy al die Psalms deurgelees kry. Jy kan jou eie indeling gebruik, of jy kan die indeling gebruik wat ek vir myself uitgewerk het. Jy kan die PDF aflaai en ook druk.
Indien jy vashaak om met gemak toegang tot die kursus te kry, kontak ons en ons sal jou bystaan.
Kopiereg © 2024 Ronell Bezuidenhout
Klik vir meer oor beskerming van persoonlike inligting
Primêre foto's van Pixabay en Unsplash.
Ons webwerf aktiveer koekies op jou rekenaar, slimfoon of tablet. Jy aanvaar die gebruik van koekies deur ons webwerf.