Ek is een van die eerste vroue-predikante van die NG Kerk. My beroepsroete het my via Port Elizabeth (1990-2003) en Johannesburg (2003-2018) tot in die kusdorpie, Groot-Brakrivier, gebring.
Ek is 'n gevestigde skrywer, wat oorwegend my aandag gee aan die interpretasie van antieke geloofsgewoontes vir moderne besige mense. Vele boeke het al uit my pen gekom.
Ek reis landswyd as gasprediker, retraite-aanbieder en geleentheidspreker. Ek stel baie in die Mistieke Teologie belang en skilder ook graag ikone. Ek het ook 'n internet-bediening as 'n geloofsbegeleier, selfs vir mense buite Suid-Afrika.
Omdat ek self so lank in die stad gebly het en die “psige van gejaagdheid” verstaan, ken ek ook die versugting na stilte en verdieping. Gelukkig is geloofsversorging nie meer gebonde aan plek of grense nie.
As 'n belese teoloog nooi ek jou saam op kuberreise so ver terug soos die eerste eeue na Christus. Ek poog om dit in die taal van 'n post-modernis te doen wat graag glo dat ek die hart van mense verstaan.
My waardes is gebore uit ons verbondenheid aan God:
Niks behoort nie aan God nie, en daarom behoort alles ook aan mekaar.
As alles aan God behoort, verdien alles ons respek en liefde, ongeag ras, geslag, klas en seksuele oriëntasie en geloof.
Alle wat geskape is, is ‘n afsplitsing van wie en hoe God is.
Ek glo: Jesus is, as Afsplitsing van God, vir ons die sigbare voorbeeld van hoe mense die herstelde beeld van God moet wees.
My lewensbeginsel: As jy jou deernis vir mense verloor het, het jy jou eerbied vir God verloor.
Kopiereg © 2021 Ronell Bezuidenhout
Foto's van Unspash.com.
Ons webwerf aktiveer koekies op jou rekenaar, slimfoon of tablet. Jy aanvaar die gebruik van koekies deur ons webwerf.