October 21, 2024
BELOFTES #21
Ons sit die vervolgverhaal voort: God het met Abraham en sy nageslag ‘n verbond gesluit om hul God te wees (aldus #18). Maar, telkens verruil die nakomelinge van Abraham, Isak en Jakob die Lewende God vir lewelose afgode. ‘n Gebreekte verbond kan nie vasgegom word nie; dit is soos kliptafels wat uitmekaar spat, sou hulle die grond tref. Maar, daar word ‘n nuwe belofte gemaak (in Jeremia 31, sien #19-20). Een wat wag op vervulling.
October 19, 2024
BELOFTES #19-20 (NAWEEK)
As dit waar is dat ons met elke toesegging en belofte meer van God se hart vir die mensdom leer ken, dan weet ek nie wat doen ons aan God se hart wanneer ons God nie op God se woord ernstig neem nie! Waarom het God nie maar net moed opgegee met ‘n verbondsvolk wat nie hulle deel van die verbintenis nakom nie? Waarskynlik is die antwoord eenvoudig: God kan nie! God kan nie anders
October 18, 2024
BELOFTES #18
Baie beloftes is gebaseer op toeseggings. Hier is ‘n goeie voorbeeld: “Julle vir wie Ek gedra het van julle geboorte af, wat Ek vasgehou het vandat julle daar is. Ook tot in julle ouderdom is Ek die Here, tot in julle grysheid sal Ek julle dra” (Jes 46:3b-4a). By ‘n belofte of ‘n toesegging is daar net een party betrokke. Maar, wanneer ‘n verbond gesluit word, gebeur dit altyd tussen twee partye, en voor getuies.
October 17, 2024
BELOFTES #17
Vir my is daar geen teks in die Bybel wat die verbeelding so aangryp soos Jesaja 43:19 nie. Dalk is dit waarom die rabbi’s die legende van Josef met Jesaja se belofte verbind het: wie sou nou ooit kon glo dat daar vir die omliggende volkere verligting kon kom van hongersnood n.a.v. die kaf wat Josef in die Nylrivier laat wegdryf het? Net so sou ‘n mens kon vra: wie sou nou ooit kon dink
October 16, 2024
BELOFTES #16
In die ou rabbynse geskrifte is daar ‘n legende oor Josef, die seun van Jakob wat aangestel was as die hoof van Farao se groot graanskure in Egipte (Gen 41). Tydens die sewe jare van oorvloed – so lui die legende – het Josef die kaf van die koring laat skei; al die blare-afval is in die Nyl gegooi en het weggedryf. Die omliggende volkere wat deur die Nyl gevoed was, het tydens die droogte





