Meditasies

Ons leef in ‘n tyd waar mense gefassineer is met die bose. Ten spyte daarvan dat die idioom lui dat ons nie ‘n duiwel agter elke bos moet soek nie.  Ten spyte daarvan dat Paulus ook skryf, “Ek sou graag wou sien dat julle alles weet van die goeie en niks wil weet van die slegte nie” (Rom 16:19). Die bose is ‘n realiteit, maar die bose is nie te vrees nie. Die beeld wat
#Job
Daar is min onderwerpe wat so knaend bespreek word soos die sg. “teodisee vraagstuk”. Dalk ‘n onbekende woord, maar jy ken die vraag: Hoe kan God regverdig genoem word, as soveel onregverdige dinge onskuldige mense tref? Daagliks gebeur soveel slegte dinge, nie net met onskuldige mense nie, maar ook met hulle wat juis vir God dien, dat ons moet vra: Is God wie ons dink God is? Is God die God van liefde? Is God
#Job
Die aanhaling waarmee #Job 2 begin het, was onvolledig. Dit is wat ons gereeld met ‘n teksvers maak: ons haal dit aan wat vir ons gepas is. Sonder om te kyk na wat verder staan: “Sonder iets het ek in die wêreld gekom en sonder iets gaan ek daaruit. Die Here het gegee en die Here het geneem. Prys die Naam van die Here.” (Job 1:21) Timoteus herhaal dit bykans woord vir woord: “Godsdiens is
#Job
“Sonder iets het ek in die wêreld gekom en sonder iets gaan ek daaruit” (Job 1:21a). Die boek Job is waarskynlik die oudste manuskrip opgeneem in die Ou Testament. Dit is geskryf soos ‘n storie: “Daar was ‘n man…” Dit sluit bykans af soos ‘n sprokie: “And they lived happily ever after…” (Sien Job 42:12). Die boek maak baie vrae by lesers – duisende jaar later – wakker; maar, soos ‘n professor op Universiteit altyd
#Job

August 1, 2024

#Job 1: Daarom?

Onlangs het ek ‘n e-pos ontvang van iemand wat raad oor haar kunswerke wou hê, maar eers net die agtergrond: “In 2000 het ‘n erge depressie my in sy kloue gekry en soos dit gaan, sê almal om ‘n mens ‘ruk jou reg’…  Een Sondagoggend na vele ‘Here help’-uitroepe het ek in my sitkamer gestaan en dit was asof iemand met my praat: ‘lees Job’! ‘n Volle jaar het ek die boek Job gelees! Ek
#Job