Meditasies

 Die tweede vriend wat “insig” in Job se kop wou praat, is Bildad. Waar Elifas nog subtiel was om te sê dat die fout by Job lê, is Bildad glad nie so diplomaties nie. Die feit dat jou kinders dood is, Job, is die gevolg van hulle eie sondige toedoen (Job 8:4). Sjoe! Maar, dit word nog erger: waar Job homself as onskuldig gesien het, verklaar Bildad hom op die koop toe as die skuldige.
#Job
“Wat is die mens dat U hom so hoog ag, dat U op hom ag gee?” (Job 7:17) Hierdie woorde van Job klink so bekend! Dit herinner aan die mooie Psalm 8, waar Dawid (eeue later) sy loflied begin en eindig met hierdie woorde: “Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde” (v2, 10). Al jubelend kyk Dawid na die lewe om hom en hy is bly-verstom dat God bemoeienis maak
#Job
Satan het van die toneel verdwyn. Op die verhoog verskyn drie nuwe name: Elifas, Bildad en Sofar. Van ver af kom hulle om hul vriend te troos, maar hoe troos jy as die pyn te swaar is. Vir sewe dae sit hulle net by Job, swygend (Job 2:11-13).  En dan begin Job (in Hf 3): Waarom? Waarom? Ses maal: waarom? Die lewe het vir hom alle betekenis verloor! Wil jy nie ook huil as jy
#Job
Ek verstom my oor die toewyding van Job aan God! Behalwe dat hy herhaaldelik “vroom en opreg” genoem is, God gedien het, “en die kwaad vermy” het (sien bv Job 1:1), het hy selfs namens sy kinders brandoffers gebring, net vir ingeval hulle gesondig het (1:5).  Die grootste rampe tref Job en herhalend lees ons: “Onder alles het Job nie gesondig of God iets verwyt nie” (1:22, ook 2:9-10). Sondelose Job? Nee; Job was soos
#Job
Ek het ‘n interessante oefening met ‘n paar (nie-teologiese) vriende gedoen en gevra: “wat weet julle van Job?” Bykans almal se reaksie was dat hy die Bybelfiguur was wat deur Satan beproef is. Almal het genoem dat Job ‘n goeie man was, en dat hy alles verloor het. Waarom? Omdat die versoeker wou sien of Job staande sou bly. Dit is tog opvallend dat die Satan se rol teen die einde van Job 2:7 uitgedien
#Job