Christene het drie lewens-opdragte:
Net dit! Dit is ons enigste drie-in-een opdrag. Ons sou dit ook kon beskryf as die opdrag om
al dieper “na bo” te groei (tot ‘n dieper verhouding met God);
al dieper “na buite” (want dit is waar ons vir Jesus ontmoet)
al dieper “na binne” (waar jou ware self ontdek word).
Jesus het hierdie opdrag aan sy volgelinge herhaal. Hy het hulle uitgenooi om hom te volg, en algaande het Hy hulle gewys hoe om dit te doen. Hulle het “in diensopleiding” gekry.
Dalk voel jy jou ook geroepe om “na bo, na binne en na buite” te groei; maar jy wens iemand kan jou net bietjie tou wysmaak. Jy mis die “in diensopleiding”. Jy wil méér leer, maar jy weet nie altyd hoe om dit te doen nie. En jy weet ook nie wie om te vra om te help nie.
Dan wil ek jou uitnooi om hierdie web-kursus te doen!
WAAROOR GAAN HIERDIE KURSUS?
Almal van ons leef met ritmes:
vandat jy opstaan totdat jy vanaand jou lig afskakel, het jy (bewustelik en onbewustelik) “gewoontes” ingeoefen wat jou help om deur jou dag te kom.
Het jy al ooit daaraan gedink dat elkeen van hierdie gewoontes ‘n rol behoort te
speel om jou te help om optimaal soos Jesus te leef?
‘n Jesuslewe gaan nie net oor die “heiliger” dinge waarmee jy jou besighou soos Bybellees en Sondagviering nie. Dit gaan selfs oor tandeborsel en kinders gereedmaak vir skool en wasgoedwas.
In hierdie kursus word jy voorgestel aan ‘n EEUE-OUE GELOOFSRITME wat vandag nog, vir 21ste eeuse mense, as ‘n voorbeeld voorgehou word oor hoe om, doelbewus, in alles wat jy doen jou geloof in God te laat toeneem.
In hierdie kursus word jy stap vir stap begelei om vir jouself ‘N DOELGERIGTE, PRAKTIESE EN WERKBARE LEEFSTYL (manifes) te skryf. Anders as ‘n “taakplan” is hierdie ‘n beskrywing van “HOE” jy wil leef sodat jy die mens kan “WORD” wat jy “BEDOEL IS OM TE WEES”: beeld van God.
Die kursus word in drie video-lesings op YouTube aangebied, met 'n werkstuk na afloop van elke lesing.
Die kursus bestaan uit drie modules, elk met ‘n video van min of meer 20 minute. Na elk van die video’s is daar ‘n werkstuk wat jy direk op jou selfoon kan lees of as 'n pdf.-dokument kan aflaai, om die werkstuk op jou eie tyd doen.
Daar is dus nie ‘n tydskedule hieraan verbonde nie. Jy bepaal self hoe deeglik jy dit wil doen.
Benwens die kursus-inligting, sal 'n notaboek (joernaal) en pen of potlood handig wees om notas te neem as jy die werkstukke doen. Jy kan dit natuurlik ook op jou slimfoon, tablet of rekenaar doen as jy so sou verkies.
Die kursus kos R150 en jy kan onder klik en op PayFast registreer en sodra jou betaling gedoen is sal jy 'n e-pos ontvang met 'n skakel na die al die kursus-materiaal.
Payfast-betalings kan maklik en veilig via krediet-, tjek- en debietkaarte, EFT's, Zapper, MasterPass en SCode gemaak word.
Kopiereg © 202 Ronell Bezuidenhout
Foto's van Unspash.com.