DIE KUNS VAN WAG: βš–οΈ15

πŸ“– β€” Psalm 16:11 – β€œBy U is daar oorvloedige blydskap, uit U regterhand kom daar ewige genot.”

πŸ’‘- Ware blydskap is nie ‘n gevoel nie, maar die vloeibare teenwoordigheid van God self, wat ons anker terwyl ons wag

Ons soek dikwels na vreugde in beter omstandighede, maar ware blydskap is ’n rivier wat net uit God self vloei. Dit is die innerlike sekerheid wat jou dra terwyl die lewe jou rondstoot. Die blydskap wat Jesus, as Seun van God, kon ervaar, is ook ons beskore. So belowe Jesus self, dat β€œ(Sy) blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees” (volgens Joh 15:11). Hoe nader jy aan Hom leef, hoe meer ontdek jy dat Sy blydskap jou gebrokenheid genees, aan jou gemoedsvrede skenk, en jou las verander in β€˜n lus om te leef.

πŸͺœ- Neem vandag ’n bewuste pouse terwyl jy water drink. Gebruik daardie verkwikking as ’n herinnering: God se blydskap is ’n stroom wat jou lewe nou reeds vul.

πŸ™ Hemelse Vader, trek my onder U beskermende Regterhand in sodat my droΓ« wagplekke in ‘n fontein van blydskap kan verander.