• TUIS
  • BRANDPUNT
  • WEESWYS
  • MEER OOR
  • KRUISKURSUS
  • KONTAK
  • More
    • TUIS
    • BRANDPUNT
    • WEESWYS
    • MEER OOR
    • KRUISKURSUS
    • KONTAK
  • TUIS
  • BRANDPUNT
  • WEESWYS
  • MEER OOR
  • KRUISKURSUS
  • KONTAK

#BRANDPUNT - JUNIE 2022

Klik onder en kyk na Ronell se video-uitnodiging:   


Die Heilige Gees: God se Brandpunt!

#BRANDPUNT

Beurtkrag, so hoor, is hier om te bly.  Vir 'n lang ruk, minstens.  Die teenoorgestelde van beurtkrag is om vrye toegang tot 'n kragbron te hê wat met 'n sterk stroom - ononderbroke - vloei waarby die ganse planeet kan inprop.  'n Kragbron direk uit God se hand!  'n Brandpunt wat die gloed van God kan laat skyn.   


Jesus beloof (in Hand 1:9), “Julle sal ‘KRAG’ ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom”.  Onbeperk.  Vrylik beskikbaar.  Dit is ons geskenk.  


Paulus bid op 'n stadium 'n gebed vir die gemeente van Efese, en dit begin so:  


"Voor die Vader aan wie die hele gemeenskap van gelowiges in die hemel en op die aarde sy bestaan te danke het.  Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word" (Ef 3:14-16.)     


Waarom sal ons tevrede wees met geestelike beurtkrag, as ons die kragbron het wat die ganse mensdom kan (en wil) verander - soos wat dit die gekruisigde Jesus tot die Opgestane kon verander.   


Pinkster het aangebreek vir christene wêreldwyd.   Die wakkerword-tyd.  Bekeringstyd. Herlewingstyd. Vernuwingstyd.    


Ek nooi jou, kom ondersoek die werk van die Heilige Gees saam met my.  Temas soos die vrug van die Gees; die gawes van die Gees; die vernuwende krag van die Gees.  


Ons onderneem 'n reis in Junie deur die Bybel met ons vergrootglas om te leer wat God aan ons geopenbaar het; terwyl ons aanhoudend Paulus se gebed saam met hom bid!  


30 dagstukke; 30 gepaste musieksnitte; 30 gebede.  Die Heilige Gees:  God se Brandpunt!    Registreer vandag nog om deel van hierdie groeiende internetbediening te word.  

Daaglikse WhatsApp meditasie-boodskappe

Ons nooi jou uit om die daaglikse meditasie-boodskap op Facebook, Instagram en op ons webwerf te lees en op potgooi daarna te luister. 


Jy kan ook dit daagliks per WhatsApp ontvang, maar ingevolge die nuwe Popi-wetgewing moet jy self daarvoor inteken op die skakel onder.  (Behalwe as jy reeds deel van ons daaglikse WhatsApp groep is). 


Hierdie boodskapreeks werk op ‘n vrywillige donasie basis. Bydraes word wel opreg waardeer.  Ek is dankbaar vir die gawe van woorde en tegnologie om steeds in God se koninkryk te kan werk. Jou bydrae maak dit moontlik . 


Jy kan daarop staatmaak dat die boodskappe altyd op dieselfde tyd, via whatsapp, uitgestuur word.   Jy kan kies tussen 21:00 of 06:30 vir jou dagstukkie se lewering.  Ons deel ook ekstra inligting, video's en selfs musiek op Facebook en Instagram en die webwerf. 


KLIK OM ONS DAAGLIKSE BOODSKAPPE TE ONTVANG

Gemeentes en bybelstudie-groepe

'n Spesiale aanbieding vir gemeentes en bybelstudiegroepe wat van die materiaal gebruik wil maak, is ook beskikbaar. Vir meer inligting hieroor e-pos ronell@ronellbezuidenhout.co.za. 


#BRANDPUNT DAGSTUKKIE-REEKS

Luister na Dagtukkies in potgooi-formaat

Luister ook op Spotify, Deezer EN ANDER

Die kort potgooie word elke oggend vroeg gelaai om dit vir jou luisterbaar te maak op jou selfoon of enige rekenaar.   Dalk saam met jou oggendkoffie,  op  pad skool of werk toe, of selfs as jy net rustig in die natuur wil asemskep.  

KLIK VIR POTGOOI-PLATFORMS

Ondersteun ons bediening

Ons vra met groot vrymoedigheid donasies vir hierdie reekse, soos wat jy dit kan bekostig.  Dit is gerieflik en veilig deur die skakel onder te volg. 


Die daaglikse boodskappe word ook élke dag per Whatsapp gestuur.  Jy kan ook die boodskappe daagliks hier op die webwerf volg.  Ons deel ook ekstra inligting, video's en en musiek op die webwerf, Facebook Instagram en YouTube.  Daar is ook inspirerende weeklikse video's en gesprekke  soos ons VEELKLEURIG-reeks.


 Ek wil jou vra om 'n bydrae te maak om die koste van al die projekte te help dra.  As dit in jou vermoë is om my te ondersteun, ontvang ek dit met dankbaarheid.


Jy kan hier onder op die skakel klik en dan 'n betaling deur die platform Payfast maak. Dit is 'n maklike en baie veilige betalingwyse!

KLIK EN ONDERSTEUN ONS

NOG MUSIEKVIDEO'S

Klik gerus onder en volg ons  #Brandpunt-speellys op ons YouTube-kanaal. Kies die aaneenluister skakel en geniet die inspirerende musiek. 

Klik vir Brandpunt-speellys

ARGIEF VAN VORIGE DAGSTUKKIE-REEKSE

Jy kan ook van ons vorige reekse hier her(lees). 

LEES HIER

Kopiereg © 2022 Ronell Bezuidenhout

Klik vir meer oor beskerming van persoonlike inligting  

Primêre foto's van Pixabay en Unsplash

"Cookie" kennisgewing

Ons webwerf aktiveer koekies op jou rekenaar, slimfoon of tablet. Jy aanvaar die gebruik van koekies deur ons webwerf. 

AANVAAR