Ronell BEZUIDENHOUT

Ronell BEZUIDENHOUTRonell BEZUIDENHOUTRonell BEZUIDENHOUT
  • TUIS
  • MEER OOR
  • NEEM DEEL
  • LEES
  • AFWAGTING
  • DROOMGROOT
  • KURSUS
  • KONTAK
    • TUIS
    • MEER OOR
    • NEEM DEEL
    • LEES
    • AFWAGTING
    • DROOMGROOT
    • KURSUS
    • KONTAK

Ronell BEZUIDENHOUT

Ronell BEZUIDENHOUTRonell BEZUIDENHOUTRonell BEZUIDENHOUT
  • TUIS
  • MEER OOR
  • NEEM DEEL
  • LEES
  • AFWAGTING
  • DROOMGROOT
  • KURSUS
  • KONTAK

ARGIEF VAN BOODSKAP-REEKSE

Dankbaar Desondanks

Dankbaar Desondanks

Dankbaar Desondanks

image405

DANKBAAR DESONDANKS:  Wêreldwyd is Oktober die “dankbaarheidsmaand”

Christene verbind die tiende maand ook met dankoffermaand. 

Die lewe deel verskillende kaarte uit; soms goed, soms rampspoedig. Soos die priester, David Steindl-Rast skryf: ons kan nie “vir” elke situasie dankbaar wees nie; maar ons kan steeds “in” elke situasie dankbaar wees. Dit is ‘n geloofskeuse om dankbaar te wees. Hoe kies jy dit? Hoe lyk mense wat “in” elke situasie dankbaar is? Hoe lyk mense met dankbaarheid, des ondanks? Kan dankbaarheid toeneem?

LEES HIER

Helende Hoop

Dankbaar Desondanks

Dankbaar Desondanks

image406

HELENDE HOOP:  Henri Nouwen vra in een van sy boeke: “hoe leef ons in ‘n wêreld gekenmerk deur vrees, haat en geweld en word ons nie self daardeur vernietig nie?”
Dit was nooit ‘n vraag waarop hy self ‘n antwoord gegee het nie. Nouwen wou gehad het, dat elkeen wat nie deur hul lewensomstandighede verswelg wou word nie, daardie vraag self moes antwoord.
In die oorgangstyd tussen winter en lente is dit ‘n vraag wat ek graag saam met jou sal wil bedink: Hoe lyk Helende Hoop?
Die 40-dae Meditasiereeks, wat die Al Psalmend-reeks opvolg, fokus op Hoop en Heelheid.

LEES HIER

Al Psalmend

Dankbaar Desondanks

God haal ook asem-reeks

image407

Terwyl ek Tom Wright se boek, “The case for the Psalms: Why they are essential”, gelees het, was hierdie een van die eerste sinne wat my aandag getrek het: 

“Psalms is like thinking about breathing”.

Dit was asof die Gees met ‘n influistering die inspirasie gebring het deur daardie enkele sinnetjie. Na 'n 40-dae reeks oor die Heilige Gees (t.w. “God haal ook asem” – lees hier meer) is 'n volgende 40-dae geloofsreis deur die Psalms dus ‘n logiese opvolg. Immers leer die Psalms gelowiges deur die eeue hoe om ons lewensasemhaling as ‘n gebed aan te bied vir die Een wat aan ons die Asem (Ruach) gegee het. 

LEES HIER

God haal ook asem-reeks

40-dae Lydenstydreis van 2020

God haal ook asem-reeks

image408

 GOD HAAL OOK ASEM:  Die 40-dae reeks oor die Heilige Gees en die Kerk se werk in die wêreld – “God haal ook Asem” - is nou volledig beskikbaar. Die reeks bestaan uit daaglikse inspirasie, asook kort video-opnamens om op jou eie tyd deur te werk.

LEES HIER

40-dae Lydenstydreis van 2020

40-dae Lydenstydreis van 2020

40-dae Lydenstydreis van 2020

image409

40 DAE VAN DOODSHEID TOT LEWE: Glo jy in Nuwe Lewe en Nuwe Kanse?  Dan nooi ek jou saam op hierdie 40-dae geloofsreis.  Word  ‘n geloofspelgrim, met geleentheid vir selfondersoek, om alle dorheid weer tot lewe te roep; om aan uitsigloosheid weer hoop te bring.  Dit is immers waaroor Lydenstyd gaan. 

LEES HIER

Ontknoop die Drade

40-dae Lydenstydreis van 2020

40-dae Lydenstydreis van 2020

image410

ONTKNOOP DIE DRADE is ’n kort meditasiereeks wat geskryf is in die eerste fase van inperking wat aangekondig is net nadat die Corona-virus in Suid-Afrika se eerste infeksies aangekondig is. 

Dit is geskryf vir die periode tussen Fase 5 en Fase 4 van die inperking en het op Opstandingsondag begin, na die 40-dae Lydenstydreis van 2020.  

LEES HIER

REGISTREER NOU HIER VIR ONS NUWE REEKS

KLIK HIER

Kopiereg © 202 Ronell Bezuidenhout

Foto's van Unspash.com.