Ontdek die Krag van die Gees in Jou Alledaagse Lewe

Spiritus Vivus: Die Lewende Gees

Die volgende reeks wat nou in Junie begin – in die wintermaand, in die Pinkstermaand – word genoem Spiritus Vivus.
Jy mag dalk nou dink: wat is dit met my en die Latynse terminologie? Dis eintlik baie eenvoudig. Hierdie dagstukke word in Afrikaans, Engels en Duits uitgestuur, daarom maak ‘n Latynse term dit so inklusief. Dit pas in enige taal. Spiritus Vivus pas by Pinkstertyd – dit beteken “die Lewende Gees” en dis presies waaroor hierdie reeks gaan.
Ons gaan fokus op die buitengewone krag van die Gees in ons gewone alledaagse lewe. Ons fokus so baie op die buitengewone, maar wanneer dit oor die krag van die Gees gaan, dan is dit juis binne die gewone waar die Gees se grootste krag transformerend kan werk.
Ons gaan na verskillende fasette kyk van die Heilige Gees: hoe dit in ons geloofslewe ‘n rol speel, hoe dit in ons besluitneming kan help, hoe ons saam met die Heilige Gees kan bid, hoe ons in ons verhoudinge vernuwend kan werk saam met die Gees, en hoe die Gees ons in ons swakheid bystaan.
Dis allermins groot buitengewone goed, maar wanneer gewone mense se lewens deur die Gees verander word, dan is dit juis die krag van God wat daarin te voorskyn kom.
Ek is opgewonde oor hierdie reeks. Ek gaan dit ‘n bietjie anders aanbied – dalk is die dagstuk effens korter en is daar ook meer geleentheid om die Bybel self te bestudeer met kruisverwysings. My passie is om mense ‘n liefde vir die Bybel te gee. Maar hierdie passie kan net oorgedra word wanneer jy self die Bybel bestudeer.
Die dagstukke word saans 9-uur of soggens tussen 6 en 7 uitgestuur. Stuur jou naam en van na 083 822 2362 of 083 281 0547 en dui aan of jy dit saans of soggens wil ontvang. Dit is op alle sosiale media platforms beskikbaar.
Deel dit met mense, want dalk is daar mense wat saam met ons Spiritus Vivus wil onderneem. Mag jy die krag van die nuwe Lewende Gees saam met my beleef.

Lees jou daaglikse meditasies hier

Klik gerus onder om my daaglikse meditasies te lees.  Elke meditasie word vergesel met ’n gepaste musiekvideo uit alle oorde van die wêreld. Jy kan die dagstukkies ook per WhatsApp ontvang. Stuur ’n boodskap na 0832810547 of aan ronellbezt@gmail.com om daarvoor te registreer.  Dui ook aan of jy dit soggens (06:30) of saans (21:00) wil ontvang.  


Spiritus Vivus – Die Lewende Gees in Alledaagse Lewe

Spiritus Vivus beteken “die Lewende Gees” en is ’n reeks dagstukke wat in Junie – tydens Pinkstertyd – fokus op die transformerende krag van die Heilige Gees in ons alledaagse lewens. Dit sluit temas in soos geloof, gebed, verhoudinge, besluitneming en God se teenwoordigheid in ons swakheid. Die reeks word in Afrikaans, Engels en Duits aangebied, met kort, Bybelgefundeerde oordenkings wat saans of soggens uitgestuur word.

Meer Oor

Ronell Bezuidenhout

Ek is in 1990 bevestig as ‘n NG Kerk predikant en was betrokke by gemeentes in Port Elizabeth, Calitzdorp, Randburg. My beroepspaadjie het my gelei tot in Groot-Brakrivier, waar ek ‘n pos aangebied is by ‘n Lutherse Gemeente van die Suidkaap. Dit is ‘n voorreg om my te kan verdiep in die groter tradisie van ons Gereformeerde geloof.

Teologie was nog altyd vir my ‘n passie; en ek het ‘n groot belangstelling deur die jare ontwikkel vir die vroegste eeue se kerkgeskiedenis wat bekendstaan as die “Woestynperiode”.  

Ek deel graag my kennis en ontdekkinge met lesers. In 2020 het ek met ‘n internetbediening begin wat vandag oor verskeie landsgrense en kontinente heen gelees word. 

Daaglikse WhatsApp

Teken in om meditasie te ontvang

As jy nog nie my dagstukke op WhatsApp ontvang nie, stuur gerus ’n boodskap na 0832810547 of na ronellbezt@gmail.com. Jy kan ook direk registreer deur op die skakel onder te klik.
Dui ook aan of jy dit soggens (06:30) of saans (21:00) wil ontvang.
Die dagstukke verskyn ook daagliks hier op die webwerf, op Facebook en op Instagram wat jy vrylik kan deel.
Dit dagtsukke is gratis en word uitsluitelik met vrywillige ondersteuning finansier.

God praat met Job by die berg Athos; Megisti Lavra-klooster, Kodeks B. 100, 12de eeu.

Help my om die reekse moontlik te maak

Ek is opgelei as ‘n Nederduitse Gereformeerde Kerk predikant. Na 30 jaar se voltydse bediening, het ek my werk by ‘n gemeente in Johannesburg verloor. As gevolg van finansiële uitdagings moes ek na Groot-Brakrivier verhuis en gelukkig kon ek by my ouers bly.

Maar ek moes steeds ‘n inkomste verdien! Wat ek wel kon doen, is skryf. Aanvanklik was dit net kort stukkies vir ‘n handjievol vriende, maar mettertyd het dit ontwikkel tot ‘n volwaardige digitale bediening.

Op hierdie manier het die Here ‘n baie hartseer-tyd in ‘n nuwe geloofs-droom verander, en ek kon steeds my teologiese opleiding met passie voortsit.

God se kreatiwiteit is baie groter as wat ons ooit kan voorstel! Hoe min het ek verwag dat ek op 23 Januarie 2022 ‘n Lutherse lid sou word en ook as ‘n predikant aan ‘n baie klein gemeente in die Suid-Kaap sou dien.

Nee, dit is nie ‘n voltydse pos nie; die gemeente is te klein daarvoor. Ek het onderhandel om my digitale bediening voltyds voort te sit omdat daar soveel groeipotensiaal is waaroor die gemeente opgewonde is. So leer ek steeds om finansieel deur geloof te leef, terwyl ek ‘n geloofshuis vind deur die verwelkomende liefde van ‘n Duits-Engelse gemeente.

Asseblief, help my (as jy dit kan bekostig) om hierdie digitale bediening uit te brei. Ek dra al die koste self en wil graag meer mense bereik!

As jou geloof deur my skryfwerk versterk word, mag dit ook vir baie meer mense moontlik gemaak word. Dit is my gebed.

As hierdie reekse jou aanmoedig (en jy dit kan bekostig), oorweeg asseblief om my finansieel te ondersteun.

Indien verkies, kan jy ‘n betaling direk in my bankrekening maak:

STANDARD BANK
Takkode: 051001
Rekeningnommer: 080042805
RM BEZUIDENHOUT