#20 VREESLOOS VERNUWEND

Het ek so lief dat dit voel my binneste gaan uitmekaar skeur? (Sien #19.) Ja, dalk ‘n handvol of twee mense. Maar almal? Ons is gelukkig – die liefde waarvan Petrus praat is “broederliefde” (Filia-liefde). Dit is die liefde wat Christene aan mekaar bind. Dit is die liefde waarvan Jesus gepraat het toe Hy gesê het, “Dit is hoe almal sal weet dat julle my dissipels is – as julle liefde teenoor mekaar het” (Joh 13:35).

Selfs hieraan skiet ek tekort! Die geloofsbroers en – susters “oorkant die heining” is tog ook geloofsfamilie – het ek hulle met hierdie passie lief? Ek moet my kop laat sak en erken: die intensiteit van my liefde het grense. My kookpunt-liefde sak baie vinnig tot onder vriespunt. 

Die ironie is dat dit juis is waar God ons wil hê – by die punt waar ons moet erken: ONS KAN NIE!  As ek nie eers “my eie soort” kan liefhê met die liefde wat gepas is nie, hoe sal ek in der ewigheid – vreesloos – die “hulle” kan liefhê wat nie deel van “ons” is nie? Weereens (in hoofletters): ONS KAN NIE! Al moet ons. Tog is dit juis waar God ons wil hê! Ons kan nie so liefhê nie, máár God kan! Eers as ons dit regtig bely, kan ons die gebed van Ef 3:18-19 begin bid: “Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God” (Ef 3:18-19).

En hoe meer ek hierdie liefde begin leer ken, hoe meer sal ek dit vir jou … en jou … en jou begin bid. Al wyer word die kring. Al wyer. 

GEBED: Ek bid wat Paulus reeds begin het, Here … (Ef 3:18-19)

KUNS:  Lydia, 1878–79 deur Mary Cassatt

MUSIEK: 

Ons luister na Amboss se lied  “O My Soul”.

Uit die liriek:

Bless the Lord, O my soul,

For His love has made me whole.

Every part of me will sing,

Praises my God, praises my King.

O my soul, bless His name,

In His love, I’m not the same.

O my soul, sing His praise,

He is good in all His ways.

O my soul, lift Him high,

Praise Him now, the Lord is nigh.

He forgives and sets me free,

Shows His mercy endlessly.

He redeems my life from death,

Fills me with His holy breath.

O my soul, bless His name,

In His love, I’m not the same.

O my soul, sing His praise,

He is good in all His ways.

O my soul, lift Him high,

Praise Him now, the Lord is nigh.

From the heavens to the earth,

Praise His name for all He’s worth.

Soul, arise and sing His praise,

Forevermore, His name we raise.

O my soul, bless His name,

In His love, I’m not the same.

O my soul, sing His praise,

He is good in all His ways.

O my soul, lift Him high,

Praise Him now, the Lord is nigh.

Bless the Lord, O my soul,

In His love, I am made whole.

Bless the Lord, O my soul.